Simon Ince (1977) het op 20 Februarie van Miller’s Point by Simonstad na Rooiels geswem en sodoende die Guinness World Records gehaal as die oudste persoon (62) om dié moordende swemtog oor Valsbaai te voltooi.
Wat jy nie op skool geleer word nie, is die Boomshakalaka! Word wys en bestel nou jou Splendidior 150 Magnum (1,5 liter) by die Old Boys kantoor deur die bestelvorm te voltooi en aan oldboys@paulroos.co.za te e-pos.
Met ander woorde, trek jou Old Boys-baadjie en das aan, en kom woon die massa-reünie, algemene jaarvergadering en dinee op Vrydag 20 Mei 2022 om sesuur in die PRG-sentrum by.
Hierdie geleentheid is vir alle jaargroepe, van 1950 tot 2021.
Die jaarlikse PRG Classic Gholfdag, wat vir die sesde agtereenvolgende keer in samewerking met Lew Geffen/Sotheby’s Realty Internasionaal, aangebied is, bly een van die groot hoogtepunte op die OSU se kalender.
Cobus Visagie, bekende Springbok-vasskopstut, het die eerste Polla na die Covid 19-uitbraak in Londen bygewoon en doen verslag oor die skemerkelkgeleentheid op 17 Maart vanjaar, waar nie net die skoollied gesing is nie, maar ook diep dinge oor fondswerwing en sakesukses gepraat is.
Die Amsterdam Polla se Old Boys het op 22 Maart saamgekuier. Dit was vir hulle ‘n heuglike ervaring en daar word beplan om voortaan meer gereeld bymekaar te kom.
Op die foto verskyn voor van links James Fouche (1999), Francois Smal (2010) en Shawn der Kinderen (1991); middel van links Jacques Groenewald (2011), Vincent Cabano (2010), David de Villiers (1991), Eldin Geldenhuys (2010), Justus Roux (2000), Jasper Backx (1991), André Heerland (1985), Gustav Steyn (1993) en Johnny Brom (1999); en agter van links is Karl Nieuwoudt (2006), Jean-Krijn Geldenhuys (2012) en Miles Melis (2015).
Langham Dale Murray (1892-1976) was die kleinseun van een van die stigters van die skool, John Murray, een van die eerste twee professore aan die Kweekskool. Hy slaag in 1907 sy School Higher aan die Stellenbosch Boys’ High School en behaal ook hier in 1908 sy matrieksertifikaat.
Verlede jaar kon Johan (Apie) Rossouw nie sy 1971-reünie nie bywoon nie, maar hy het wel die volgende herinneringe aan Willie van der Merwe, wat op 8 Desember verlede jaar oorlede is, gestuur:
‘n Mens is geneig om aan die einde van ‘n skooljaar wanneer die laaste eksamens geskryf en projekte, soos die bou van ‘n nuwe sportfasiliteit of ‘n koshuis afgehandel word, in terme van ‘n siklus te dink, maar in Paul Roos Gimnasium se geval is dit dalk eerder ‘n spiraal wat met elke ring wat voltooi word al hoe wyer uitstrek.