The greatest contribution imaginable by Old Boy Christopher Heywood, who recently died aged 93, was to initiate undergraduate and postgraduate programmes in African literature at the various universities where he had lectured in the United Kingdom and Nigeria.
Continue reading Christopher Heywood opened up African literatureCategory: Huldeblyk / Obituaries
Dirk Oosthuizen (1949)
Dirk Oosthuizen (1949) is op 24 Desember 2020 aan natuurlike oorsake oorlede. Hy was ‘n stoere Paul Rooser en het altyd groot waardering gehad vir wat sy Alma Mater vir hom as jong kind beteken het.
Hy was in Prima-koshuis en het graag wanneer ons met vakansie was vir die kinders kom wys waar hy tuis gegaan het en staaltjies vertel oor die verhuising na die verskillende skoolgeboue. Dit was vir hom ‘n besondere voorreg dat ons seun, Johann Grobbelaar, ook sy matriek in 1985 aan Paul Roos kon aflê. Johan is in 1988 oorlede.
Dit is maklik om te sê Dirk was pligsgetrou. Waar hy ook al gewoon en gewerk het, het hy deelgeneem aan aktiwiteite. Hy het onder meer op die moderamen gedien van die NG Kerk, was raadslid op Stellenbosch en later ook in die Wynland-distriksmunisipaliteit, waar hy onder-burgemeester was. Hy was ook vroeër voorsitter van die Kajuitraad in Durban. Op elke plek waar hy gewoon het, was hy betrokke by die Afrikaanse Sakekamer en op die finansiële komitee van talle kerkrade gedien, van Stellenbosch tot in Salisbury (nou Harare).
Hy was tot in sy laaste dae dankbaar vir almal wat op sy pad vir hom gehelp, ondersteun en bygestaan het.
Petrusa Oosthuizen (sy eggenote)
Ode aan oud-rektor Gert Smit
Rektor in my tyd as onderwyser by PRG
Ek was bevoorreg om in 1968 my eerste aanstelling as onderwyser by Paul Roos Gimnasium te kry. Dit was nie ʼn gewone prosedure nie en juis te meer is ek vandag nog die betrokke rolspelers uiters dankbaar vir hul bydraes om die aanstelling moontlik te maak.
Ek gee graag erkenning aan die rektor van destyds, mnr. Gert Smit, vir die vormende invloed op my denke en praktyk om my akademiese opleiding van toepassing te maak op die bedryf soos in ʼn staatskool van destyds.
Continue reading Ode aan oud-rektor Gert SmitIn Memoriam
Vir ons Old Boys is dit altyd hartseernuus om van die afsterwe van iemand uit ons geledere te verneem. Maar ons weet dat die dood ʼn onvermydelike deel van ons aardse bestaan is.
We would like to pay tribute to the following members of our fraternity who shared our hallowed school grounds with us and contributed in some or other way to the memories many of us treasure:
Continue reading In MemoriamIn Memoriam
Vir ons Old-boys is dit altyd hartseernuus om van die afsterwe van iemand uit ons geledere te verneem. Maar ons weet dat die dood ʼn onvermydelike deel van ons aardse bestaan is.
Continue reading In MemoriamSias Mey (1963) was ‘n mentor vir baie
Sias is op 16 Junie 2020 oorlede na ‘n merkwaardige loopbaan van 46 jaar as mediese praktisyn. Die oorsaak van sy dood was nie Covid-verwant nie.
Hy en sy broer Theo was een van twee tweelinge in die 1963-matriekklas en hy was een van vier mediese dokters wat hierdie jaargroep opgelewer het.
Continue reading Sias Mey (1963) was ‘n mentor vir baieIn Memoriam
Vir ons Old Boys is dit altyd hartseernuus om van die afsterwe van iemand uit ons geledere te verneem. Maar ons weet dat die dood ʼn onvermydelike deel van ons aardse bestaan is. Continue reading In Memoriam
Wouter Pienaar (1958), Paul Rooser en Stellenbosser in murg en been
Wouter Pienaar, ‘n oud-voorsitter van die OSU, bekende wynmaker en geliefde Stellenbosser is onlangs oorlede. Pietman Retief, ook baie bekend in die wynwêreld, het by sy roudiens hierdie huldeblyk aan sy jarelange vriend gelewer. Wouter het van die eerste Old Boys-wyne gemaak, soos die Jolla Bolla en Welgevallen. Continue reading Wouter Pienaar (1958), Paul Rooser en Stellenbosser in murg en been
Alex Versfeld (1966): oorlede op 19 Oktober 2018

Alex speel boulle op Markötter tydens die 1966-klas se 50-jaar reünie in 2016.
Gertjie Brynard (1956): oorlede op 1 Desember 2018
Gertjie Brynard het van 1965 tot 1968 in sewe toetse vir Suid-Afrika gespeel en sal veral onthou word vir sy twee drieë in die derde toets teen die All Blacks in 1965, die enigste toets wat die Springbokke in hierdie reeks van vier toetse kon wen.
Volgens ‘n berig in Maroelamedia van 5 Desember 2018 het die legendariese Nieu-Seelandse joernalis Terry McLean Brynard na die toets as “iemand met ‘n skerp brein, ‘n hart so groot soos ‘n pampoen, die voete van ‘n veergewigbokser en die vaart van ‘n (egte) springbok” beskryf.
Brynard qualified as a medical doctor and had practices in South Africa and Namibia. After his retirement, he and his wife, Rhoda, settled in Hermanus and later Onrus. His funeral service will be on Sunday 9 December at the Dutch Reformed Church Onrusrivier.

Jan Engelen
Die bekende regisseur en akteur Jan Engelen is onlangs oorlede. Hierdie foto uit sy matriekjaar is deur een van sy klasmaats op Facebook geplaas. Hy was die regisseur van televisiereekse soos Trompie en die Boksombende, Roep van die visarend en Seeduiker. Jan was die seun van prof. Fred Engelen, ʼn oud-hoof van die dramadepartement aan die Universiteit van Stellenbosch en die aktrise Tine Balder, albei afkomstig van België. Hy het as akteur in reeks soos Arende, die rolprent Genis en die sitcom Moeggeploeg opgetree.
In Memoriam
Vir ons Old Boys is dit altyd hartseernuus om van die afsterwe van iemand uit ons geledere te verneem. Maar ons weet dat die dood ʼn onvermydelike deel van ons aardse bestaan is. Continue reading In Memoriam
Carl “Pikkie” Knierim (1949), man van vele talente
Carl “Pikkie” Knierim is vroegoggend op 2 Februrarie 2018 in Hermanus oorlede. Gebore op 17 Desember 1931 in Kaapstad, het hy sy 86 jaar hier ten volle benut. Continue reading Carl “Pikkie” Knierim (1949), man van vele talente
Tannie Dinks Liebenberg op Grahamstad oorlede (4 Februarie 1922 – 2 Desember 2017)
Magdalena Catherina Liebenberg, by ons beter bekend as Tannie Dinks, is op Saterdagoggend 2 Desember 2017 rondom eenuur die oggend oorlede. Sy was 95 jaar oud. Die laaste oorlewende kind van Paul en Suzie Roos het die vorige oggend kort na tien ‘n beroerte gehad . Continue reading Tannie Dinks Liebenberg op Grahamstad oorlede (4 Februarie 1922 – 2 Desember 2017)

