Klas van 1964 trek saam

Die 1964-jaargroep het op Saterdag 4 Mei lekker saam gekuier en stories uitgeruil.

Staande agter van links: Johan Piek, Jan Joubert, met Antoinette Louwrens voor Jan, Marthinus en Maré de Kock, Francois en Corinne de Wet, Maxwell van der Gaast, Chris en Helena le Roux, Doempie Swartz, Amie van der Westhuizen, Oscar Wilding, Gerhard en Hanlie Schröder, voor Jon Kotze en Richard Broome, Pieter Schoeman, Marie Volschenk en Joy Adams.

Sittende voor van links: Edward Smuts, Mariane du Toit, Jurgens en Helen (staande skuins agter) Hendriks, Stef du Toit. Tertius Maree, Rupert Redding-Jones, Jan Volschenk, Susan Redding-Jones, Chrisna Smuts, Heather Broome met Rosie Maree heel voor regs.

Op die tweede foto verskyn van links na regs: Pieter Schoeman, Edward Smuts, Marthinus de Kock en Gerhard Schröder.

Edwill van der Merwe now top try scorer in Varsity Cup

Photo by Thys Lombard: Edwill in action against FNB NWU this month when he scored three tries.

Die drieëvraat Edwill van der Merwe word as die gesig van Varsity Cup-rugby bestempel, maar  hy kan ook ’n toonbeeld vir rugby by Paul Roos Gimnasium wees. Die ontwikkelingspad van hierdie Old Boy en Matie wat tans die rekord hou vir die meeste drieë in Varsity Cup-wedstryde, word in die volgende artikel  beskryf deur Dorfling Terblanche, toevallig ook ‘n Old Boy (2008)  en nou onderwyser aan Paul Roos. Edwill lyk na ’n doelgerigte jong man wat hopelik binnekort die hoogste sport in rugby gaan behaal. Ons hou duim vas vir hom! Continue reading Edwill van der Merwe now top try scorer in Varsity Cup

Reünie-ete van 26 Oktober 2018: Old Boys van 1954, 1955 en 1956 trek saam

Die klasse van 1954, 1955 en 1956 het op 26 Oktober middagete saam geniet. By die geleentheid was (voor van links) Pieter Rossouw, Hennie Joubert, Ian Walls, Kallie de Kock en Bakkies Rabe; (middel van links) Hermien, Hetlo, Freda, Hanna, Delene, Ria en Dos Blok; (agter van links) Attie Mostert, Vidi La Grange, Niel Briërs, Mike Carinus,  Chris Hofmeyr, Johan Pienaar, Theophill Steinmann,  Dirk vd Merwe,  Stiljan Momberg, Dawie Albertyn en George Van der Westhuizen

Foto: Nic de Jager

Manne van 1958 beplan maandelikse ontbyt

‘n Paar 1958ers het in November op die stoep van Devonvale Klubhuis oor ‘n lekker ontbyt, besluit dat dit op ‘n maandelikse grondslag moet gebeur. Hulle nooi ander om by hulle aan te sluit. By dié geleentheid was (sittende) James Joubert (1958 hoofseun), Carl Vlok en Elza van der Walt; en agter hulle Pang Basson, Wouter Pienaar en Nic de Jager.

Die foto is deur Leon (kelner) met Nic se kamera geneem.

Matrieks van 1963 kuier saam in Melkbos

Einde November het twaalf matrieks van 1963 hul reünie van Meimaand in ’n goeie luim by Melkbos se Damhuis voortgesit. Voor van links is Johan de Beer, Walter Scheffler, Eben Brink, Evert Cilliers en Olla Olivier. Agter staan van links Snoekie du Plessis, Ronnie Chorn, Hennie Brandt. wat die byeenkoms gereël het, Piet Smit, Johnny van Heerden, Nico Kriek en Theo Mey.

Casper Geustyn haak af

Casper Geustyn, ’n Old Boy van 2006 en deesdae ’n prokureur, is op 11 Augustus 2018 op die Diamant-landgoed in die Paarl met Annemien Ehlers getroud. Sy pa, Willem (Geus) Geustyn, ’n old boy van 1977, is in 2016 oorlede. In die agtergrond is dr Braam Hanekom, wat hulle in die huwelik bevestig het. Braam is ook ’n Old Boy van 1977 en was ’n klasmaat van Casper se pa. Continue reading Casper Geustyn haak af