Dié foto van die drie geslagte Kemps is geneem net voordat hulle almal na Bloemfontein vertrek het vir die PRG vs Grey Interskole. Hulle is van links OSU-lid Bles Kemp (1991), Willem Kemp (nou in graad 9), Pieter Kemp (1965) en Gert Kemp (nou in graad 10).
In sy boodskap by die Massareünie het rektor André van Staden klem geplaas op 2022 wat ‘n uitsonderlike jaar van prestasie was. Kom blaai gerus weer deur verlede jaar se jaarblad en kyk hoe daar met hierdie spogpublikasie van altesame 180 bladsye uitgehaal en gewys word.
Dit is lekker om te sien hoe tradisie gebou word. Op hierdie foto is daar sowat 30 nuwe Paul Roosers wat deur hul Old Boy-oupas, pa’s en/of broers vir hul eerste dag in graad 8 vergesel is. Ongelukkig het ons nie name nie. Dit sal hoog op prys gestel word as iemand ons daarmee kan help. Skakel vir Hugo Truter by 0832676750.
Onlangs was dit weer tyd vir die tradisisonele “Shoe Shining“-geleentheid waar die graad 8’s hul graad 12-mentors se skoene poets.
Hierdie geleentheid simboliseer dat die graad 8’s hulle PRG-waardes uitleef soos dit in die eerste week van die jaar by hulle ingeskerp is. Dis ‘n teken van respek teenoor hulle mentors wat ‘n groot bydrae gelewer het om hulle te help aanpas in hul nuwe skool.
Te oordeel aan almal se breë glimlagte het dit vanjaar baie goed met die aanpassingsproses gegaan.
Benjamin van Onselen (gr 12) het op Saterdag 11 Maart 2023 goud verwerf in die seuns o19 afdeling van die 2023 Wes-Kaapse Provinsiale Moderne Vyfkampkampioenskappe.
Moderne Vyfkamp bestaan uit die volgende 5 dissiplines: ‘n hindernisbaan, skerm, swem en gekombineerde laserpistoolskiet(4) en hardloop.
Benjamin het ook die vereiste totale aantal punte behaal om die Wes-Kaap by die SA Nasionale Moderne Vyfkamp- en Vierkampkampioenskappe vanaf 7 tot 8 April 2023 in Bloemfontein te verteenwoordig.
Soos gewoonlik bied dit baie interessante leesstof en bied dit ‘n kykie na wat op die skoolterrein aangaan en in ons jong mense se koppe en op hul koppe met ‘n reeks foto’s oor die gebruiklike matriek-haarsny.
Paul Roos Gymnasium’s Brand Management Team (Luna Paige and Nadine le Roux) would like to introduce a new Sponsor-a-Paul-Rooser initiative. Many know about PRG’s need for fundraising to cover income losses due to compulsory and much needed school fee exemptions. Over the years a selection of individuals, groups and corporates have been supporting PRG in this regard.
Volgens rektor André van Staden was 2022 ‘n uitsonderlike jaar van prestasie en die eerste jaar van normale funksionering nadat die Covid 19-pandemie die twee vorige skooljare erg ontwrig het. In hierdie spogpublikasie van altesame 180 bladsye word daar behoorlik uitgehaal en gewys.
Luize Kroukamp of Paul Roos Gymnasium was one of four Western Cape teachers named as South Africa’s top teachers in their respective categories in the National Teaching Awards, while two others emerged as the first runner-up.
She was the winner in the category ‘Excellence in Teaching Natural Sciences’.
Die Japie Krige-saal word as die hart van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch beskou en gaan ook die hooflokaal wees wanneer die familie Krige in Desember 2022 ‘n groot saamtrek hou om die aankoms van die stamvader meer as driehonderd jaar gelede te herdenk.
Hoekom is die saal na Japie Krige vernoem? Hy was 30 jaar lank die vise-hoof en 20 jaar lank inwonende koshuisvader wat duisende jong manne in toom moes hou. Hy was ‘n legende.
Vir die Krige Fees 300 sal daar uitstallings in die saal gebou word en gesprekke gehou word met bekende Kriges, soos die aktrise Alice en die Springbok-kaptein, Corné.
If you don’t know what non-fungible tokens are, it is time to catch up with Old Boy Portchie (Jan Hendrick Viljoen 1981), who has recently entered the burgeoning world of non-fungible tokens (NFTs) with a digitally generated canvas art collection called ‘Cycling by the Riverside’.
‘n Mens kan nie help om te wonder of skool, musiek en taal die resep is vir die sukses wat die Afrikaanse folk-duo Vrede tans met hul eerste Afrikaanse enkelsnit en musiekvideo behaal nie.