Jannie groet na tien jaar

Een maal ’n Paul Rooser, altyd ’n Paul Rooser! So het uittredende rektor Jannie van der Westhuizen, uitgevat in ’n 2017 matriekdas, sy afskeidsboodskap saamgevat. Daar was nie ’n slegte dag in sy loopbaan van 37 jaar in die onderwys nie, maar broer, wat wel stres veroorsaak het, was elkeen van die meer as 700 eerstespanrugbywedstryde waarby hy as afrigter of skoolhoof betrokke was!

Continue reading Jannie groet na tien jaar

Voorsittersboodskap / Chairman’s message

Geagte Old Boy

Ons is al sowat ’n kwart deur 2017 en die jaar snel voort. Die Old Boys se amptelike fondsinsamelingsprojek om ons kantoor en aktiwiteite te finansier, is agter die rug en hoewel ons nie ’n “vol veld” gehad het nie, het ons begroting geklop, danksy ’n goeie veiling wat deur Tokkas van Heerden (1983) gehanteer is. Continue reading Voorsittersboodskap / Chairman’s message

Jannie van der Westhuizen, die vyftiende rektor van PRG: 1 April 2007-31 Maart 2017

Oud-Springbokstut en wynmaker Hempies du Toit se afskeidsgeskenk aan Jannie van der Westhuizen was 'n kis van sy 2007-Annandale wyn. Van der Westhuizen het in 2007 as rektor by Paul Roos begin.
Oud-Springbokstut en wynmaker Hempies du Toit se afskeidsgeskenk aan Jannie van der Westhuizen was ‘n kis van sy 2007-Annandale wyn. Van der Westhuizen het in 2007 as rektor by Paul Roos begin.

Mariena Kotze, argivaris van Paul Roos Gimnasium, gee ’n oorsig van die lewe en werk van Jannie van der Westhuizen, wat pas as rektor uitgetree het en deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns as vanjaar se wenner van die Elizabeth C Steijn-medalje aangewys is. Continue reading Jannie van der Westhuizen, die vyftiende rektor van PRG: 1 April 2007-31 Maart 2017

A leader par excellance

In ’n afskeidsboodskap namens die leerders wat in die termyn van die Jannie van der Westhuizen hoofseuns was, vertel DYLAN DE NYSSCHEN, hoofseun van 2013, dat die uittredende rektor dikwels as persoonlike mentor en vertroueling vir hulle opgetree het. Dit kos iemand met selfversekerdheid en wysheid om so ’n rol te speel en dit is hoekom mnr Van der Westhuizen die hoogste agting van die leerders in sy termyn geniet het. Hy verlaat nou die skool, maar sal nooit vergeet word nie. Continue reading A leader par excellance

’n Man van sy woord

Toespraak van mnr. Jannie an der Westhuizen tydens sy laaste saalbyeenkoms op Maandag 27 Maart 2017

Good Morning Paul Roos

Standing here knowing it is for the last time, is completely unreal. It is also an emotional moment – so please forgive me for getting emotional.

I was privileged to serve education for 37 years. My career took me to five different places and five different schools. The last 10 of those years at Paul Roos. Continue reading ’n Man van sy woord

Robin Gratjios (PRG: 1946-1955) en die verhaal van Stellenbosch se beroemde kafeekat

A surprise visit by an Old Boy to his alma mater revealed the interesting story of the famous Stellenbosch Café Cat for whom a statue was erected in front of the library and also the woes of life during the Second World War years when many young families lost their fathers in the war theatres of Egypt. MARIENA KOTZE, PRG archivist, shares it with us. Continue reading Robin Gratjios (PRG: 1946-1955) en die verhaal van Stellenbosch se beroemde kafeekat

Tannie Dinks word 95

Tannie Dinks Liebenberg, Paul Roos se enigste oorlewende kind, het op 4 Februarie haar 95ste verjaarsdag gevoer. Tannie Dinks (gebore Dalena Roos) is ’n oud-Bloemhoffer (1938) wat deesdae by haar dogter, Lynette Paterson,  op Grahamstad woon. Die saamgestelde foto is van haar op haar troudag op 26- jarige ouderdom en een van haar op haar mondigwording.

Mariena Kotze
PRG Argief

storie 4c foto 2Dienkie en waatlemoen

Albie Louw, 10 Februarie 1925 – 5 Februarie 2017

Albie Louw was ’n bekende plaaslike musikant en pianis, wat in Paul Roos se tyd as skoolhoof die skool bygewoon het. Hy het in 1943 gematrikuleer en het daarna by die Cape Town School of Music (Ikeys) studeer. Hy was ’n bariton en het saam met sy broer, Louwtjie Louw (ook ’n oudleerling), in die jare vyftig en sestig in operas vir KRUIK opgetree. Hy was lank aan die SAUK verbonde en het ook verskeie werke vir die FAK verwerk en is onlangs deur die ATKV daarvoor vereer. Continue reading Albie Louw, 10 Februarie 1925 – 5 Februarie 2017