Edition / Uitgawe Oct 2020

Die onstuitbare gees van ons skool

Twee stellings in die tariefkaart vir Paul Roos Gimnasium se Jaarblad 2020 gryp my aandag vas: In ‘n jaar van ongekende uitdagings wys PRG sy staal … en dat dié publikasie die onstuitbare gees van die skool vasvang. Sjoe, hoe waar is dit nie! Hoe verbete en vasberade bly ons nie die stryd voer nie.

In this issue there are several appeals to help our school to continue its proud tradition of excellent education and producing Old Boys that make their mark in every field of society.

Ons moet sorg dat daar weer ‘n biblioteek is wat kan help om die voorste navorsers, skrywers en joernaliste op te lewer. Gee ‘n bydrae sodat die skool sy strewe kan verwesentlik om aanstaande jaar 55 leerders en uiteindelik 120 leerders per jaar te borg. Maak dit moontlik vir die jaarblad om te verskyn. Kom speel gholf einde November sodat ons die skool se rugby in al sy fasette kan versterk. Sluit aan by die Old-boys.

It seems like rugby players are our main export product if you look at the “quantity survey” in this edition. However, the growth of the Old Boys Business Network shows that we know how to deal and negotiate. And don’t forget about our wine-makers when you want to celebrate.

Soos gewoonlik is daar stories oor Old-boys wat hul merk maak, maar ons laat die klem dié slag val op die wat nie oorbekend is nie: Peter Lor (1963), Louis Heyneman (1972) en Leon Screiber (2006). Ook Sias Mey (1963), wat ons onlangs ontval het.

Ons hooffoto dié keer is ‘n voorsmakie van die TROTS PRG-video (fondsinsamelingsprojek) wat op 16 Oktober bekendgestel word. Die volledige video word in die Desember Nuusblog geplaas. Old-boys wat aan die video deelgeneem het, wonder seker al hoekom hulle die grepe moes aanstuur. Al wat ons nou kan sê is: “Watch this space. More information to follow in December’s Newsblog”.

Enjoy the read and we will appreciate feedback.