Spesiale aanbiedinge / Special offers


Splendidior 150 wyn

Bonustyd is amper op hande en so ook Kersfees. Ons buitengewone Splendidior 150 wyn is ʼn versnit van Cabernet Saugvinon-wyn wat in die 2013 oesjaar deur twaalf Old Boys van twaalf verskillende wynlandgoedere gemaak is. Die groter houers is nie net versamelaarsitems nie, maar die wyn sal ook goed verouder. In die kleiner formate kan die wyn al oopgemaak en mee gekuier word.

Continue reading Spesiale aanbiedinge / Special offers

Old Boys Gholfdag 2017

Teken Donderdag 23 Februarie 2017 solank op jou nuwe muurkalender of dagboek aan, al is jy nie ʼn gholfspeler nie. Daar is geleentheid vir ieder en elk om by hierdie vlagskip-aktiwiteit van die Old Boys betrek te word. Borg ʼn putjie, kom speel in ʼn span of kom eet saam by die prysuitdeling.

Kry meer besonderhede deur op die onderstaande skakel te kliek: Uitnodiging na Old Boys Gholfdag

Golf Day Info & Entry Form

Die goewerneur wat deur Stellenbosch Gimnasium opgelewer is

Sir John Osbaldiston Field, wat van 1928 tot 1930 ‘n leerling van die Stellenbosch Gimnasium was, het ‘n lang en uitsonderlike loopbaan in Brittanje se koloniale diens gehad en dit met goewerneurskappe op St Helena en die Gilbert en Ellice-eilande afgesluit.

Met sy aftrede het hy na Suid-Afrika teruggekeer en ook weer met sy alma mater kontak gemaak voor hy in 1985 na ʼn lang siekte gesterf het.

Ons argivaris, Mariena Kotze , het die storie van dié enigmatiese persoonlikheid nagevors en gevind dat hy bo moeilike persoonlike omstandighede in sy skooljare moes uitstyg om later in sy loopbaan op sy kollegas ʼn indruk te maak met sy intellektuele vermoëns, geduld en dapperheid. Lees meer deur hieronder:

Continue reading Die goewerneur wat deur Stellenbosch Gimnasium opgelewer is

Só lyk uitnemendheid!

Hierdie uitgawe van die Old Boys se nuusblog is weer eens vol inspirerende verhale, soos dié van Philip Erasmus (1966) wat ʼn bergfietsrit ten bate van KANSA van Beitbrug tot Bloubergstrand aangepak het, en Pieter-Louis Myburgh (2003), wat vanjaar die hoogste toekenning vir ondersoekende joernalistiek ontvang het vir sy volgehoue verslaggewing oor die Spoorpendelagentskap van Suid-Afrika (PRASA) se korrupsieskandale.

Reading these stories one realises that achievements such as these require so much more than only hard work and to believe in yourself. Congratulations to all our achievers and the wonderful examples you set.

Enjoy this issue and be inspired!

Ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh vereer

Pieter-Louis Myburgh (klas van 2003) het onlangs die TacoKuiper-trofee ontvang vir sy onthullings oor Prasa
Pieter-Louis Myburgh (klas van 2003) het onlangs die Taco Kuiper-trofee ontvang vir sy onthullings oor Prasa

Soos Waldimar Pelser, redakteur van Rapport en self ʼn Old Boy dit stel: “Rapport se ondersoekende joernalis, Pieter-Louis Myburgh, het die Taco Kuiper-prys vir ondersoekende joernalistiek gewen, die grootste en gesogste prys in die bedryf, vir sy onthullings oor Prasa se te hoë treine in Rapport. Hy het hom vasgeloop in skeptiese joernaliste van sekere koerante wat Lucky Montana se bogstories vir die waarheid opgevreet het. Hy is met ʼn baksteen gegooi deur Montana self. Hy het oor maande geweier om van stryk gebring te word deur leuenagtige amptenare of stapels dokumente. Well done.”

Continue reading Ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh vereer

Spesiale aanbiedinge / Special offers June 2016

Splendidior 150-wyn

Our rare Splendidior 150 Wine is a winner and you will have to be quick if you want to lay your hands on this collectors’ item. Made of the 2013 harvest of Cabernet Saugvinon and blended from the wine made by twelve Old Boys from twelve different wine estates, this wine is not only going to age well but you can get it in different sizes. Place your order here. 

Gedenkboek

Continue reading Spesiale aanbiedinge / Special offers June 2016