Gholfdag volbespreek

Puik ondersteuning vir die lang verwagte Classic Gholfdag op 21 Oktober 2021 het gesorg dat die veld al vol bespreek is.

Enkele putjieborgskappe vir beide gholfdae is steeds beskikbaar.

Donasies of prysskenkings is altyd baie welkom.

Hoe om optimisties in moeilike tye te bly

Dit raak nogal moeilik om inspirasie en bemoediging te vind wanneer die moeilikheid nie wil wyk nie. Die Covid-19 pandemie het nou soos ‘n bullterriër geword wat sy tande ingeslaan het en nie wil laat los nie. Hoe gaan ‘n mens uit hierdie ding kom en wat gaan die uiteindelike nagevolge wees? Tyd sal wel leer, maar as jy aanhoudend vorentoe beur, gaan jy eendag skielik besef jy is anderkant uit en alles is oor.

Hopefully, this edition of the news blog will help to grow optimism.

Continue reading Hoe om optimisties in moeilike tye te bly

Nuwe J F Marais-mediasentrum aanwins vir skool en gemeenskap

René Walsh agter die dienstoonbank van die JF Marais-mediasentrum.

Die splinternuwe J F Marais-mediasentrum*, wat die ou skoolbiblioteek vervang, is pas ingerig en in gebruik geneem. Danksy die hulp van verskeie donateurs, is die lokaal waar die ou Metaalwerkkamer eens was, omvattend gerestoureer en ingerig om die nuwe sentrum te kan huisves.

Continue reading Nuwe J F Marais-mediasentrum aanwins vir skool en gemeenskap

Old Boys bly presteer op die sportveld, pandemie of te nie

Al lyk dit tans of die wêreld in en om die skool steeds stilstaan, presteer Old Boys regoor die wereld op die omblik op die sportveld en inspireer al wat Paul Rooser is. Boonop is daar vier van hulle wat aan die Olimpiese Spele in Japan gaan deelneem en nog twee met PRG-bande wat deel van die afrigtingspanne uitmaak.

Continue reading Old Boys bly presteer op die sportveld, pandemie of te nie