Stellenbosch United in Mathematics (SUM project)

Grendeltyd 2020 het onderwysers gedwing om te leer hoe om tegnologie in te span en nuwe onderrigmetodes te gebruik. Na aanleiding hiervan het Remgro die wiskundedepartement van Paul Roos genader met die idee om hierdie nuwe kennis met die omgewing se skole te deel en so ontstaan die SUM-projek. Die projek word befonds en ondersteun deur Remgro.

Continue reading Stellenbosch United in Mathematics (SUM project)

Classic Gholfdag uitgestel

Die jaarlikse PRG Classic Gholfdag is vir ‘n tweede keer uitgestel, eers weens C-19 en toe weer as gevolg van ongure weervoorspellings. 

Ons bly egter hoopvol dat dit op Donderdag 21 Oktober 2021 by Stellenbosch Gholfklub gaan plaasvind. Derde keer dalk gelukkig! 

Ons is innig dankbaar teenoor die spelers en borge wat steeds geduldig is met die situasie. Ons sien uit na ‘n sonnige en feestelike gholfdag. Die veld is uitverkoop, hier en daar ‘n moontlike putjie vir borgskap. Belangstellendes kan vir Elza by die OSU-kantoor kontak, 021 883-8627 | oldboys@paulroos.co.za

Polla-byeenkomste dalk in Augustus

As gevolg van die 2021 skoolkalender wat intussen verander het, was die OSU genoodsaak om die Polla-byeenkomste uit te stel.

Die nuwe datums is Donderdag 5 Augustus en Donderdag 19 Augustus.

Polla-streke is welkom om een van die bogenaamde twee datums te kies vir hul volgende geselligheid.

Vir navrae, kontak asb. vir Hannes Odendaal (OSU Uitvoerende komiteelid vir Polla-portefeulje): Hannes@hdk.co.za | 078 533 1016

Honoris Crux-ontvanger Michael Prins (1973) besef vandag beskermengele het na hom omgesien

Michael Prins (1973) se onverskrokke optrede tydens Operasie Savannah om ‘n makker te red, is onlangs weer in die geheue geroep toe Mariena Kotze van die PRG argief op sy verhaal in die boek Honoris Crux: Ons dapperes deur At van Wyk afgekom het.

Continue reading Honoris Crux-ontvanger Michael Prins (1973) besef vandag beskermengele het na hom omgesien

Getuigskrifte waarop ‘n mens kan trots wees

Merkwaardige stories word in hierdie uitgawe van die PRG Old Boys Nuusblog – die eerste van 2021 – vertel, waarvan een ‘n kragtige getuigskrif vir ons Alma Mater as opvoedkundige instelling is: Anton Müller se boek Ek Onthou – ‘n Outistiese seun se Lewensreis. Dis ‘n monumentale werk vir iemand wat op ouderdom drie as onopvoedbaar verklaar is, maar tog sy plek in die samelewing kon volstaan danksy ‘n moeder se onwrikbare geloof in hom en ‘n skool wat haar deur dik en dun ondersteun het.

In the obituaries you can also read about the inspiring lives of Prof Vincent Brümmer, one of the greatest theological philosophers of our time, Prof Christopher Heywood, who opened up the treasure chest of African literature to English students, and Dirk Oosthuizen, a former Deputy Mayor of the Winelands District Municipality who served the communities where he lived in an extraordinary way.

En in die agtergrond is daar onderwysers, soos wyle Werner van Rensburg, wat help om te vorm en te skaaf aan sulke produkte.

Congratulations to the 2020 Matrics on their excellent results. Get more information and the pictures of all those who achieved an aggregate A. As we all know sport and culture are as important as the academy and there is great news about a joint venture between PRG and the Stellenbosch University to develop state of the art indoor cricket facilities.

Ons is trots op Nic de Jager, wat deur KykNet Fiestas vir sy lewenswerk vereer is, en Jean Meiring wat aangewys is as voorsitter van die Taalmonumentraad vir die volgende drie jaar.

Covid 19 precautions are still hampering our activities, but at least there is the annual PRG Classic Golf Day at the end of May to look out for.

Daar is nog vele meer om die lyf van hierdie uitgawe. Lekker lees en terugvoering sal waardeer word.

Voorsittersverslag / Chairman’s report

Geagte Old Boy

Ons hoop 2021 het goed afgeskop vir almal. Die Covid-pandemie maak dat ons almal nou “branderplankryers” moes word: ons lê almal in die see en wag vir die volgende golf om te kom.

Die gewag is egter nie ideaal vir beplanning nie en daar het nie iets noemenswaardig plaasgevind in die eerste kwart van die jaar nie, hoewel daar baie beplanning was. Die klasgroepe van 1971 tot 1975 is besig om ‘n Lenteloop en boomplantdag te reël in samewerking met Cape Nature. Al die Old Boys is welkom om saam te loop. Baie dankie aan die Lenteloopkomitee vir die reëlings.

Continue reading Voorsittersverslag / Chairman’s report

US en Paul Roos Gimnasium span saam vir krieketontwikkeling

‘n Kunstenaarsvoorstelling van hoe die fasiliteit en omliggende velde sal lyk na voltooing.

Stellenbosch University and Paul Roos Gymnasium have signed an agreement to develop a self-sustaining indoor cricket facility on the school’s property, facing the main cricket oval. SU will furthermore develop a multi-purpose sports field on a designated portion of its property adjacent to the new indoor facility.

Continue reading US en Paul Roos Gimnasium span saam vir krieketontwikkeling

Nic de Jager (1958) ontvang nog ‘n eerbewys vir sy lewenswerk

Nic de Jager (1958) recently received a second lifetime award for his work as broadcaster, commentator and producer, this time from KykNet Fiesta. At his Alma Mater his mentorship to the editorial staff of the schoolpaper Semper also left an indelible mark as can be seen from a string of special messages.

Continue reading Nic de Jager (1958) ontvang nog ‘n eerbewys vir sy lewenswerk

Jean Meiring nou voorsitter van die Taalmonument se raad

Jean Meiring (1991) is in Februarie as nuwe voorsitter van die Taalmonumentraad vir ‘n termyn van drie jaar aangewys.

Die Taalmonumentraad bestaan uit nege lede wat ‘n breë spektrum waardevolle kundigheid op die terreine van taal, kultuur, regte en finansies verteenwoordig. Benewens Jean, is die volgende mense vir drie jaar aangestel: me Sibongile Tsoleli (ondervoorsitter), prof Anne-Marie Beukes, me Heidi Erdmann, mnr Jurie Saal, mnr Lionel Adendorf, mnr Logan Munsamy, me Suren Maharaj en dr William Langeveldt.

Klik hier vir meer inligting oor die raad en wat van hulle verwag word.