Teken hierdie datums in u dagboek aan!


Die Helderberg Polla is op die wynplaas Pink Valley net buite Somerset-Wes op Donderdag 25 Oktober 2021 gehou en baie goed deur Old Boys in die omgewing ondersteun.
Die aand het afgeskop met ‘n insiggewende gesprek onder leiding van Stephan Jordaan oor belangrikheid van die Old Boys by Paul Roos en die impak wat Covid-19 op Paul Roos se sport die afgelope jaar gehad het.
Continue reading Helderberg Polla kuier by Pink Valley op 25 November
(Soos gepubliseer in Die Burger van 22 Januarie 2021)
Daar word dikwels bespiegel oor die gebruik van die titel “rektor” wanneer daar na die skoolhoof van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch verwys word. Hoe is dit moontlik dat ‘n skool ‘n “rektor” as hoof kan hê, word gevra?
Continue reading Die storie agter die “Rektor”
Boomplantmaand in September het ‘n mens tot nadenke gestem.
Treffend is, byvoorbeeld, die simboliese ooreenkoms tussen ‘n instelling soos PRG en van die bejaarde akkerbome wat soos bakens langs Stellenbosch se strate staan: daar is volop geskiedenis; maar elke nuwe seisoen is daar ook weer nuwe groei. Instellings van waarde en bome moet gekoester word. As boomstamme eers uitgehol raak en die botsels bly weg, is die einde naby.
Continue reading Versinnebeelding van herkoms en groei“Kaartjies” vir die Massa-reünie is reeds uitverkoop. Baie dankie aan almal wat hierdie geselligheid gaan meemaak.

Mev. Helene van Wyk, wat sedert 1969 betrokke is by Paul Roos, is vanjaar ons eregas.
Kindly note, the Mass Reunion will commence earlier as originally planned, now at 15:00 to one hour prior to curfew.
Die Rudolf Krahmann-gedenkmedalje is onlangs toegeken aan dr Johan de Beer (1963). Hierdie gedenkmedalje is die hoogste toekenning wat Saga (die Suid-Afrikaanse Geofisiese Assosiasie / South African Geophysical Association) aan ‘n lid toegeken kan word. Dit word gegee vir ‘n uitsonderlike bydrae tot die beroep van Geofisika in Suid-Afrika deur navorsing, tegniese leierskap of diens.

Paul Roosers het onlangs Boomplantweek op drie verskillende maniere gevier. Dit is moontlik gemaak deur die Lenteloopkomitee (sien artikel) elders, ‘n inisiatief van die klas van 1973.
Continue reading Paul Roos vier Boomplantweek
Na maande van beplanning het die Lenteloop van 1971 op Saterdag 4 September herleef toe 41 Paul Roos Old Boys en huidige leerlinge in die Jonkershoek-reservaat gaan stap het in ideale koel weersomstandighede.
Continue reading Lenteloop herleef in JonkershoekTien jaar van bergfietsroetes in die Bottelary Heuwels Renosterveld Bewarea is oor die eerste naweek van Oktober gevier met georganiseerde byeenkomste, insluitende staptogte in Koopmanskloof en op Mooiplaas, en wynproeë op verskeie plase.





Paul Roos Gymnasium unveiled its new J.F. Marais Media Centre on Tuesday, 31 August. The event was attended by representatives of the school and its governing body, donors and members of the project team.
Continue reading Nuwe Mediasentrum in gebruik geneem
Kerwin Noemdo (2012) and Christian Sadie (2015) were recently seen in action at the Tokyo 2020 Paralympic Games.
Continue reading Old Boys in the Limelight at the Paralympic GamesMin mense besef aldag watter opofferinge dit verg van ‘n jong, belowende rugbyspeler, skaars uit die skoolbanke, om by ‘n professionele klub aan te sluit oorsee. Heinrich Rodgers, oud-Springbokstut, gee ons ‘n kykie in die lewe van sy seun Robbie (2020) se uitdagings by Montpellier, die roetine, aanpassing en ja, selfs die bemeestering van Frans waarin hy binnekort sy studies daar hervat. In Skotland het Jordan Venter (2020), ook al meer begin uitdraf vir sy nuwe klub Edinburgh.
Continue reading Jordan Venter en Robbie Rodgers benut hul kanse oorsee