Vir ons Old Boys is dit altyd hartseernuus om van die afsterwe van iemand uit ons geledere te verneem. Maar ons weet dat die dood ʼn onvermydelike deel van ons aardse bestaan is. Continue reading In Memoriam
Author: Solid Stuff Creative Studio
Albie Louw, 10 Februarie 1925 – 5 Februarie 2017
Albie Louw was ’n bekende plaaslike musikant en pianis, wat in Paul Roos se tyd as skoolhoof die skool bygewoon het. Hy het in 1943 gematrikuleer en het daarna by die Cape Town School of Music (Ikeys) studeer. Hy was ’n bariton en het saam met sy broer, Louwtjie Louw (ook ’n oudleerling), in die jare vyftig en sestig in operas vir KRUIK opgetree. Hy was lank aan die SAUK verbonde en het ook verskeie werke vir die FAK verwerk en is onlangs deur die ATKV daarvoor vereer. Continue reading Albie Louw, 10 Februarie 1925 – 5 Februarie 2017
Sybrand Johannes Van Niekerk Cillié: 12 Junie 1921 – 9 Desember 2016

Sybrand Johannes van Niekerk Cillié is op 12 Junie 1921 op Stellenbosch in kerktyd op ’n Sondag gebore. Almal het toe voorspel dat hy ’n dominee sou word. Sy vader, prof. Gawie Cillié, was die eerste rektor van die Universiteit van Stellenbosch. Hy was die jongste van sewe kinders, waarvan al sewe diep spore in die gemeenskap getrap het , soos bekende oud-skoliere prof Gawie Cillié (1925) en prof. Piet Cillié (1932).
Continue reading Sybrand Johannes Van Niekerk Cillié: 12 Junie 1921 – 9 Desember 2016
Piet (Peter) Viljoen (1956): 2 September 1939 – 14 March 2017

Peter (Piet) Viljoen (1956), bekende inwoner van Stellenboch en ʼn meelewende Old Boy wat geen reünie ooit gemis het nie, is op 14 Maart 2017 ná ʼn kort siekbed oorlede.
Continue reading Piet (Peter) Viljoen (1956): 2 September 1939 – 14 March 2017
Paul Roos Junior oorlede
Paul Roos, kleinseun van die legendariese Oom Polla, is onlangs op 17 Maart in Pretoria oorlede. Hy was ’n prokureur van beroep en die seun van dr. Gideon Roos en, soos sy pa, jare lank nou betrokke by SAMRO (The Southern African Music Rights Organisation). Hy was afgetree en het op sy plaas naby Nylstroom geboer. Continue reading Paul Roos Junior oorlede
Sal ons ooit ons vriende vergeet?
Old Boys sal seker nie kan help om te wonder wat in die gedagtes van die 2016-matrieks maal terwyl hulle vir die laaste keer ʼn kring met hul maats en die ander leerders vorm nie. Bittersoet is hierdie tradisie, want oor tien-twintig jaar gaan baie na so ʼn foto kyk en wonder wat het van hul vriende geword. Continue reading Sal ons ooit ons vriende vergeet?
Old boy’s hand in the construction of the airport on St Helena
Andre Brewis (1984) se lewe het soos ʼn handomkeer verander toe hy teen einde 2013 genooi is vir ʼn werksonderhoud by die konstruksiemaatskappy Basil Read en ʼn geleentheid aangebied is om by die konstruksie van ʼn internasionale lughawe op die afgeleë Suid-Atlantiese eiland St Helena betrokke te raak. Op ʼn eiland waar selfone eers verlede jaar bekend gestel, die internet frustrerend stadig en die posboot een keer per maand vars voorrade bring, sou die meeste van ons moeilik aangepas het, maar Andre het in sy drie jaar baie skoonheid en goeie mense gevind.
Andre tells his story:
Continue reading Old boy’s hand in the construction of the airport on St Helena
Christiaan van der Walt awarded the Rhodes Scholarship for 2017
Old Boy and 2011 PRG dux student Christiaan van der Walt was awarded the 2017 PRG Rhodes Scholarship. Christiaan obtained his bachelor’s degree cum laude in engineering at Stellenbosch University in December 2015. He was the Industrial Engineering Department’s dux student and also the recipient of a 2016 Rector’s award for excellent academic achievement. Continue reading Christiaan van der Walt awarded the Rhodes Scholarship for 2017
Willem Wilken, die Mandela Rhodesbeurs-wenner vir 2018
Willem Wilken (2013) is onlangs aangewys as die Mandela Rhodes-beurswenner vir 2018. Willem het pas die graad BSc Wiskundige Wetenskappe met hoofvakke Wiskundige Statistiek en Ekonomie ontvang. Volgende jaar doen hy sy honneurs in Ekonomie en Wiskundige Statistiek, ook aan die Universiteit van Stellenbosch, voordat hy na Oxford gaan.
For more information on the Mandela Rhodes Scholarship, click here.
Willem is also a keen participant in debating competitions as can be seen from the photo provided to us.
Protea-kleure vir Old Boy gholfspeler
Old Boy Stefan Blommaert verteenwoordig tans Suid-Afrika in twee gholftoetse teen Indië, wat van 29 November tot 12 Desember in Kalkutta plaasvind. Stefan is vyfde op die Suid-Afrikaanse Gholf-assosiasie (SAGA) se ranglys. Die drie ander spelers in die SA span is Gerloux Roux, Shaun Stapleton en Josef Fourie. Op die foto wys Stefan hoe jy ʼn arend vir die tellinghouer moet aandui.
Multidiscipline athletes break records
2016 will go down as the best year in the 33 years of multidiscipline sport history of Paul Roos Gymnasium since the multidiscipline sport codes were first introduced in January 1984 by Mr Coenie van Vuuren under the then Rector, the late Mr Johan Slabbert. There have been four rectors since 1984. Continue reading Multidiscipline athletes break records
Toe hulle nog spanmaats was
So ʼn bietjie soet by die suur toe die Springbokke op Saterdag 19 November 2016 ʼn geskiedkundige neerlaag teen Italië gely het: Paul Roos het nie net in die verloorspan, maar ook in die wenspan verteenwoordiging gehad. Die twee Paul Roos-spanmaats van 2010 wat teenoor mekaar te staan gekom het, was Steven Kitshoff (Springbokke) en Braam Steyn (Italië). Hul paadjie het selfs nog verder saamgeloop want op die meegaande foto uit 2012 staan hulle saam met Paul Roos se Meneer Rugby, Frans van Niekerk, en die Sewes-Springbok Tshotso Mbovane, toe hulle vir die SA 0.20-Springbokspan gekies is.
Spesiale aanbiedinge / Special offers
Desember 2016
The perfect Christmas Gifts for an Old Boy Continue reading Spesiale aanbiedinge / Special offers
Semper
Ons is bewus daarvan dat baie Old Boys gebruik maak van ons skakel na die leerdersblad Semper om te sien wat op Paul Roos Gimnasium se skoolgronde aangaan. Ongelukkig word dit aan die einde van die jaar met die jaarblad vervang wat nie in ʼn elektroniese formaat beskikbaar is nie.
There is not a new Semper at this time of the year, but you can enjoy all the older issues up to 2010 at no cost by clicking on the following link.

