Kyk net wie het vanjaar hulle seuns en in een geval ʼn kleinseun Paul Roos Gimnasium toe gebring vir die begin van hul hoërskoolloopbaan.
Author: Solid Stuff Creative Studio
Vier geslagte Ruppersberg op Paul Roos, dit wil gedoen wees!
Dit gebeur nie aldag dat ʼn graad 8-nuweling jou kan vertel dat sy pa, oupa en oupagrootjie almal Paul Roosers was nie en dan het hy boonop ʼn hele paar ooms wat ook die skoolgronde deurkruis het.
Continue reading Vier geslagte Ruppersberg op Paul Roos, dit wil gedoen wees!
Neem ons op vlerke
Die OSU het onlangs die opbrengs van die 150-duifveiling en –wedvlug, waaroor ons in die vorige nuusbrief berig het, aan die 150-Trustfonds geskenk. Dié geleentheid is deur Tokkas van Heerden (1985) en ʼn span medewerkers van Karoo Vleisboere op Victoria-Wes gereël. Daar is nie net heerlik saamgekuier nie, maar die old boys het ook hul beursies oopgemaak om saam ʼn bedrag van nie minder nie as R492 890 aan die Trust te skenk. Dankie vir almal se bydraes. Op die foto staan van links Arend de Waal (150 Trustfonds-trustee ), Tokkas en Gustav Potgieter (voorsitter van die OSU).
1981gers se reünie saam met Bloemhof
Die 1981-klas het saam met die 1981 Bloemhoffers op die Saterdagaand van die feesnaweek by die Big Easy reünie gehou. Giuseppe Ciucci was so gaaf om die deftige geleentheid moontlik te maak.
No names, no packdrill
Dit wil voorkom of die 1976-matriekklas ʼn hegte eenheid en gedissiplineer genoeg is om saam te staan vir ʼn groepfoto, maar dinge so in die geheim doen dat daar geen storie by ons uitgekom het nie.
Rugbyspan 1880: Ons soek die stories van weleer
Mariena Kotzé of the PRG Archives was so fascinated by the oldest photograph of a Stellenbosch rugby team that she spent some time working through old documents to find out more about the members of this team. In this way she could establish that all of them were either senior students or old boys of the Stellenbosch Gymnasium. At that stage the Arts Department, founded in 1874 and forerunner of the Stellenbosch University, was part of the school. Some of the old boys were busy with their theological training at the Dutch Reformed Church’s Seminary in the town. This information led to the decision to let the first rugby team of Paul Roos Gymnasium play in striped jerseys in home games during the 150 Festival Year. She takes the story further:
Continue reading Rugbyspan 1880: Ons soek die stories van weleer
Nuwe lede/New members
Welkom aan ons nuwe lede:
In memoriam
Vir ons Old Boys is dit altyd hartseernuus om van die afsterwe van iemand uit ons geledere te verneem. Maar ons weet dat die dood ʼn onvermydelike deel van ons aardse bestaan is.
Om so te Jolla Bolla kos harde werk!
Feestelike rugby span kroon op 150 jaar
Hein Kriek, hoofafrigter
Die 150ste rugbyseisoen was waarskynlik dié een in die geskiedenis wat die grootste druk ooit op die eerste span geplaas het. Benewens die feit dat dit ‘n feesjaar was, het hierdie groep seuns reeds van hul o14 dae goed presteer en is daar groot verwagtinge van hulle gekoester.
Kimono
Paul Roos-rugbyspelers is tydens hul Japanse toer deur die plaaslike owerheid van Munakata vir ‘n kulturele uitstappe genooi.
150 Trust dra ruim by tot nuwe infrastruktuur
In die vorige nuusbrief het ons berig oor die stigting van die Paul Roos 150 Trustfonds wat ten doel het om die skool se akademiese uitnemendheid te bevorder deur onder meer behuisingsgeleenthede aan onderwysers te voorsien en infrastruktuur te onderhou en op te gradeer.
Continue reading 150 Trust dra ruim by tot nuwe infrastruktuur
Bob Sainsbury (101) tells his life story
In our previous edition we told the story of our oldest Old Boy, the 101 year old Uncle Bob Sainsbury, who has not only a keen memory but is also active on e-mail. We received his promised life story, told in the third person, and published it unaltered, as follows:
Belgiese eredoktorsgraad vir Old Boy

‘n Sonderlinge akademiese eerbetoon aan oud-leerling Markus Reuter was nog ‘n spesiale prestasie vanjaar vir Paul Roos Gimnasium om sy 150ste bestaansjaar iets buitengewoons te maak.

