Teen Helderberg: Litnet-gesprek met Louis du Plessis

In Novembermaand het Izak de Vries van Litnet ‘n onderhoud gevoer met Louis du Plessis (1963) oor sy digbundel,  Teen Helderberg, waaroor ons in die April-nuusblog geskryf het. Klik hier vir die storie: https://paulroosoldboys.co.za/2022/04/kontraste-belig-in-militer-se-digbundeldebuut/ 

Hier is die skakel na die onderhoud waarin hy ook  van sy verse voorlees: https://youtu.be/8-t9ezJm2zs

Christo Volschenk en ander Old Boys het groot rol gespeel om internet-joernalistiek te ontwikkel

Taking leave of his good friend an co-Old Boy Christo Volschenk (1970) on the steps of the Japie Krige Hall was also a good time for Piet Marais (1968) to reflect on the role Paul Roos Gymnasium has played in the development of journalism in South Africa, especially in using the Internet as medium.

Continue reading Christo Volschenk en ander Old Boys het groot rol gespeel om internet-joernalistiek te ontwikkel

Die Familie Krige vier 300 jaar in Suid-Afrika

There is good reason why the family Krige is celebrating its 300 years on African soil in Paul Roos Gymnasium’s Japie Krige Hall. The family played a major role in establishing the school and Japie Home was in 1866 one of the first learners to get his education here. He later became the first Afrikaans speaking teacher at the school and served as rector Paul Roos’s vice. The hall was built in 1948, three years after the school was moved to its current location on the farm Welgevallen.

Paul Roos-gimnasium se Japie Krige-Saal is nie om dowe neute die vergaderplek van die familie Krige wanneer sowat 150 van hulle op Saterdag 17 Desember 2022 bymekaar kom om die aankoms van die stamvader meer as driehonderd jaar gelede in Suid-Afrika te herdenk nie.

Continue reading Die Familie Krige vier 300 jaar in Suid-Afrika

Herkoms van Markötter, ander vanne, straatname en plekname

Have you ever wondered what the origin of the names of people and places is we are so used to in PRG and environs context. Riël Cillié (1961) enlightens us.

Dis algemeen bekend dat PRG se sportgronde vernoem is na een van die pioniers van Suid-Afrikaanse rugby, maar waar kom dit eintlik vandaan? Die herkoms en betekenis van familiename en plekname is vir Gabriēl Cillié (Riēl) (1961) hoogs interessant, veral as dit uit verre lande gekom het.

Continue reading Herkoms van Markötter, ander vanne, straatname en plekname

E-simbool is geen doodsvonnis

In sy eie woorde vertel André Albertyn (1973) hoe hy matriek klaar gemaak het deur die minimum te leer, maar dit het hom nie teruggehou in sy beroepsloopbaan nie.

Ek het na Weermag in 1973 siviele ingenieurswese gestudeer en in my finale jaar darem ‘n paar vakke cum laude deurgekom. Daarna het ek by ‘n private praktyk aangesluit, vroeg ‘n direkteur geword en ‘n groot kantoor in Port Elizabeth bestuur.

Continue reading E-simbool is geen doodsvonnis

Sponsor a Paul Rooser: Many small drops can fill a pot

Paul Roos Gymnasium’s Brand Management Team (Luna Paige and Nadine le Roux) would like to introduce a new Sponsor-a-Paul-Rooser initiative. Many know about PRG’s need for fundraising to cover income losses due to compulsory and much needed school fee exemptions. Over the years a selection of individuals, groups and corporates have been supporting PRG in this regard. 

Continue reading Sponsor a Paul Rooser: Many small drops can fill a pot

Merk die datum vir die PRG Classic Gholfdag 2023

Die volgende PRG Classic Gholfdag vind plaas op Donderdag 9 Maart 2023 by die Stellenbosch Gholfklub.

As een van die hoogtepunte van die jaar, word dié geleentheid met die samewerking van Lew Geffen Sotheby’s International Realty aangebied. Daar is egter oorgenoeg geleentheid om as ‘n Old Boy, ouer, nuwe borg of jarelange vriend van Paul Roos Gimnasium betrokke te raak.

Continue reading Merk die datum vir die PRG Classic Gholfdag 2023

Senior Old Boys kuier gesellig saam

Senior Old Boys (tot 1970 vanjaar) het op Vrydag 11 November saamgekom op Markötter en heerlik staaltjies uitgeruil oor ‘n uitgerekte middagete.

Onder die manne wat daar was, was Johan Ingwersen (1965), Jakkie Swanepoel (1966), Dr Edwin Hertzog (1966), At Strydom (1965), Niel Krige (1966), Ben de Wet (1966), Nils Rohwer (1966), Pieter de Waard (1966), Philip Myburgh (1966), Johan Lubbe (1966), Steggie Stegman (1966), Clive Alexander (1966) en Philip Erasmus (1966).

Continue reading Senior Old Boys kuier gesellig saam

Vise-rektor woon Polla op Swakopmund by

Op 2 Desember 2022 het die oud-Paul Roosers wat gevestig is in Swakopmund hulle Polla geselligheid gehad by Altstadt, waar daar genetwerk en gekuier is.

Vise-rektor Frans van Niekerk het die byeenkoms bygewoon om die lede op die hoogte te bring van wat by die skool gebeur. 

Op die foto verskyn van links Dirk van Rhyn (1959), Gerhard Tötemeyer (1956), Siegfried Wagner (1956), Horst-Uwe Weimann (1987), Francois Louw (1987) en Frans van Niekerk (Adjunk-rektor PRG).