Klas van 1973 sorg vir merkwaardige tien dae lange 50 jaar-reunie

Hierdie samevatting is ‘n baie verkorte weergawe van Pieter van Zyl se terugskouing wat op hul blog verskyn: https://prg1973.co.za/

Die klas van 1973 het vanjaar ‘n besonderse reünie gevier, en hul bedrywige program gaan moeilik geklop word, plus hulle het in die proses ‘n voortreflike blog geskep wat voortdurend bygewerk word.

Die reëlingskomitee (RK) wat hierdie spesiale geleentheid beplan het, het bestaan uit Pieter van Zyl, Nols Heunis, Michael Prins, Riaan Swiegers, Kobus Theron, Frank Meaker, Leon Mostert en Danie van Niekerk.

Daar is besluit om ‘n “modulêre” benadering te volg in die opstel van die reünieprogram, Die onderliggende gedagte was dat elke persoon dan self kon besluit watter modules en/of aktiwiteite hy (en sy gade of metgesel) wil bywoon. Na oorlegpleging met die 1973-manne via Google vraelyste, het die RK op twee modules besluit: ‘n “Sederberg Module”, wat sou plaasvind tussen 24-27 Februarie 2023; en ‘n “Kernmodule” op Stellenbosch, wat sou plaasvind tussen 28 Februarie en 1-5 Maart 2023.

‘n Totaal van 20 manne tesame met 10 van hul gades het die Sederberg-naweek bygewoon. Die naweek is afgeskop met ‘n bierproe en braai by Sanddrif en die Saterdag het ‘n groepie die Wolfberg-skeure aangedurf en die res het rustiger uitstappies onderneem, waarna ‘n wynproe by Cederberg-wynkelder gevolg het. Die Sondagoggend is die Disa Pool-staproete aangepak, lekker in die kuile geswem en die aand het almal weer heerlik saamgebraai.

Terug op Stellenbosch is die saalbyeenkoms op Dinsdag 28 Februarie bygewoon, gevolg deur ‘n boomplantseremonie langs die nuwe krieketveld. Op Woensdag 1 Maart, die skool se 157ste verjaarsdagviering, is die kransleggingseremonie by die stigters se standbeelde bygewoon, gevolg deur ‘n besoek aan die Argief en ‘n skooltoer.

Op Donderdag 2 Maart is ‘n omvattende wynproegeleentheid by Simonsig gevolg deur ‘n ligte ete. Die Vrydag het twee krieketspanne mekaar aangedurf volgens ‘n unieke stel reëls. Daarna is almal na Markotter vir ‘n eg tradisionele middagete in die vorm van ‘n heerlike snoekbraai.

Op Saterdag, 4 Maart, het ‘n groep van 55 manne, gades en oud-onderwyser David Taylor aangetree by Coetzenburg om deel te neem aan die Bergpadstap van 6 km. Dit was perfekte stapweer.

Die hoogtepunt van ons reünie was ongetwyfeld die dinee in die Markötter-klubhuis se suite op Saterdagaand, 4 Maart. Die getal persone teenwoordig by die dinee het aangegroei tot 66, terwyl die volgende spesiale gaste ook teenwoordig was: rektor André van Staden, oud-onderwysers David Taylor en Henry Ekron, Elza van der Walt en Mariena Kotze. Twee manne wat van ver af spesiaal ingevlieg het om die dinee by te woon was Jean-Marie Questiaux (België) en Dillie Malherbe (Londen, VK).

Herdenkingskerse is aangesteek vir die14 klasmaats wat ons reeds ontval het en gedenkpak-wyne van Old Boys is opgeveil. Skip Krige is ook bedank vir sy uitsonderlike bydrae met die skepping van ons dinamiese en interaktiewe aanlyn “PRG 1973 Blog”.

Terugskouend, het 50 van ons oorlewende 91 klasmaats ten minste een van die reünie-aktiwiteite bygewoon, ‘n bywoningspersentasie van 55% – heelparty van ons het die volledige program bygewoon. Inderdaad het die lede van ons klas van 1973 wat deelgeneem het aan die Reünie 50 ons harte opnuut oopgemaak vir ons Alma Mater en ons klasmaats van destyds.

Hartlik welkom, Paul!

Paul Benson (1990) Polla-portefeuelje

Paul Benson (1990) is pas gekoöpteer as lid van die OSU se Uitvoerende Komitee om die Polla-portefeuelje te hanteer.

Hartlik welkom, Paul! Die Old Boys sien geweldig uit om weer in die onderskeie streke saam gesellig te kuier en te netwerk.

Datums en meer besonderhede word eersdaags aan almal gekommunikeer.

Die bal is aan die rol in die Suid-Kaap

Polla George/Mosselbaai is nou behoorlik aan die rol. Dié groep het hul eerste geselligheid op 11 Februarie op George gehou en op 18 Maart 2023 weer so tydens die Outeniqua skole-rugbyfees gemaak. Op die foto verskyn aan die linkerkant van voor Andre Mostert, Willie Barnard, Gustav Potgieter, Peter Burnett, Elmarie Morison en Juan Morison; en aan die regterkant van voor sit Douglas van Reenen, Richard Muller, Santie Potgieter, Amanda Breedt en Sielie Pieterse.

Louis laat diep spore op die Afrikaanse kultuurterrein

Louis van Niekerk (1954), wat op 7 Februarie 2023 in die ouderdom van 87 in Johannesburg oorlede is, het diep spore in die Afrikaanse uitvoerende kunste as verhoog-, rolprent- en TV-akteur en teaterregisseur gelaat. Hy was ook voorsitter van die Teaterbystandsfonds.

Met sy diep stem en sterk verhoogpersoonlikheid het hy groot rolle in teaterproduksies gespeel, soos die titelrol in François Swart se Afrikaanse produksie van Othello in 1975. 

As Truk se artistieke direkteur in die 1980’s was oor die verloop van 33 jaar betrokke by meer as 200 produksies vir Truk.

Van Niekerk het ook talle TV-rolle vertolk, onder meer in Amalia, Die Vierde Kabinet, Fees van die Ongenooides, Getroud met Rugby, Agter Elke Man en Grondbaronne.

In 1990 is hy vereer met die Erepenning vir Toneelkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en het hy ook die Gerhard Beukes-prys ontvang. In 2005 het hy die Afrikoon-toekenning van die ATKV en die Naledi-prys vir lewenslange bydrae tot teater gewen. In 2012 het hy ’n Fiesta-prys gekry vir sy lewenslange bydrae tot die teater.

Van Niekerk was getroud met Lettie Scheepers. Sy is in 1983 oorlede.

Louis van Niekerk (27 Junie 1935 – 7 Februarie 2023)

Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Louis_van_Niekerk

Daar was ‘n simbiose tussen Sparks en PRG

Die kringloop van die lewe: Sparks Esterhuysen as onderwyser, as kransduiker op Hermanus, tussen die dassies van Gearingspunt en omring met sy kinders: Frances Esterhuysen, Thea van der Merwe, en kleinseun.

Sparks Esterhuysen, legendariese oud- onderwyser van Paul Roos Gimnaisum en stigter van die Nasionale See-en-Sand Instituut op Hermanus, het op Dinsdag 11 April 2023 op Hermanus gesterf.

Huldeblyke van oor die wêreld heen het ingestroom en ‘n mens laat besef watter geweldige impak hierdie man as lewensinstrukteur op jong gemoedere gehad het.

Continue reading Daar was ‘n simbiose tussen Sparks en PRG

Touching the door header

There seems to be a mystery about why young men like touching the door header when they leave a building, but somehow this just seems to be the right thing to do when you greet your school for the last time as a learner with the Annual Report in your hand. The ability to do that can be regarded according to one explanation as an athletic victory or discovering a superpower, but probably it just shows that you have grown physically and emotionally since entering the school five years before. 

Continue reading Touching the door header

Chairman’s Letter

Die Paul Roos-gemeenskap het vanjaar ’n vroeë Kersgeskenk ontvang toe dit bekend gemaak is dat Jean Durand (2018 en Dux Student) met die Universiteit Stellenbosch Kanseliersmedalje vir sy harde werk en akademiese sukses bekroon is. Dit is ekstra spesiaal aangesien Jean, wat ‘n tweede generasie PRG Old Boy is, nou die 14de lid van die OSU is wat hierdie gesogte eerbewys ontvang en ons sal aansluit by Imperial College in Londen om ‘n Meestersgraad in datawetenskap te voltooi.

Continue reading Chairman’s Letter

Jean Durand (2018) the fourteenth Paul Rooser to win SU Chancellor’s Medal

SU Rector and Vice Chancellor Wim de Villiers with Jean Durand and his family. Left from Jean is his mother, Ilanie, and to his right his father, Jannie, his sisters Mariëtte and Anja and his brother, Daniël.
(Photo was supplied to Die Burger by Stefan Els.)

Jean Durand (2018), ‘n PRG Old Boy, het sy alma mater trots gemaak deur by sy gradeplegtigheid op 8 Desember 2022 ook met die SU Kanseliersmedalje weg te loop. Hy is al die veertiende oud-leerder om met dié medalje bekroon te word. Nie net akademiese prestasie nie, maar ook die ontvanger se bydrae tot die kampuslewe word met hierdie toekenning in ag geneem. Hy het sy graad in wiskundige statistiek met datawetenskap as toepassingsgebied ontvang. Hy sal waarskynlik sy studies aanstaande jaar voortsit in die Verenigde Koninkryk, waar hy by drie voorste universiteite op die kortlys vir toelating is.

Continue reading Jean Durand (2018) the fourteenth Paul Rooser to win SU Chancellor’s Medal

Veritas-oorkonde aan Olla Olivier toegeken

Christo Pienaar, Nuy Kelder se bestuurder/wynmaker en voorsitter van Veritas, oorhandig die oorkonde aan Olla.

Old Boy Andries (Olla) Olivier (1963) received the Veritas Society’s Living Legend Award on 8 October 2022 for his contribution to the South African Wine Industry and to the building of a unique and quality wine offering the world over. After completing his degree in winemaking and viniculture, Olla began his career at the Orange River Wine Cellars, but steadily moved southwards and is today at the Clear Moutain Wines in Stellenbosch. At the age of 78 he is still responsible for identifying and buying wine in bulk for his company.

Continue reading Veritas-oorkonde aan Olla Olivier toegeken

Pieter du Toit (1997) skryf weer ‘n blitsverkoper

Eugene Ashton, hoofbestuurder van Jonathan Ball, is duidelik ingenome met Pieter du Toit (1997) wat rekordsyfers met die verkope van sy boeke behaal.

It was with great anticipation that Best Selling author Pieter du Toit (1997) came to the Markötter Sports Centre in Stellenbosch for the launch of  his latest book, The ANC Billionaires: Big Capital’s Gambit and the Rise of the Few, on Thursday 17 November 2022. He expected several of his old school mates and teachers to attend, and he was not disappointed. Hugo Truter was there to capture the spirit of the evening.

Continue reading Pieter du Toit (1997) skryf weer ‘n blitsverkoper

Van Niekerk drie toekennings ryker

Old Boy Ryk van Niekerk (1992) excelled in this year’s Sanlam Financial Journalist of the Year competition by winning the category for broadcast audio, being the runner-up in the category for consumer financial education and the second runner-up in the category for financial markets. He is not only proud of these achievements but is also chuffed about the fact that this proves the quality of the content of his daily radio show RSG Geldsake.

Continue reading Van Niekerk drie toekennings ryker

Long-awaited biography on Whitey Basson comes from Old Boy’s pen

Niel Joubert (1999) se gemagtigde biografie oor Whitey Basson, die sakereus van Shoprite, het pas by NB Uitgewers verskyn en gaan ‘n groot gaping vul nie net om die misterie rondom hierdie legendariese figuur te probeer opklaar nie, maar ook om huidige en toekomstige sakeleiers te inspireer.

Whitey Basson is hailed as a genius by his peers. He became a legend when, in probably the most famous takeover deal in SA, he bought OK Bazaars for the nominal sum of a single Rand and turned it into a lucrative business within a year.

Continue reading Long-awaited biography on Whitey Basson comes from Old Boy’s pen