
In memoriam
Tromspeler Vernon Swart (64) skielik in slaap oorlede

Daar was groot meelewing met die skielike afsterwe van Old Boy Vernon Swart (1976), soos uit die volgende berig blyk: https://www.netwerk24.com/netwerk24/nuus/aktueel/tromspeler-vernon-swart-64-skielik-in-slaap-oorlede-20231025
Die viering van sy lewe is op Maandag 11 Desember 2023 op die wynplaas Summer Hill gehou.
‘n Skool van geleenthede

Met drie Old Boys wat ons land tans in die Rugby-Wêreldbekertoernooi verteenwoordig, gaan dit niemand verbaas dat die klem in hierdie nuusblog op sport val nie. Dit is nog te vroeg om blydskap of teleurstelling uit te spreek, maar wat alle Paul Roosers weet, is dat dit nie eintlik oor wen of verloor gaan nie. Dit gaan oor balans in jou lewe en ons glo almal dat ‘n gesonde liggaam ‘n gesonde gees huisves.
Continue reading ‘n Skool van geleenthedeSakeleier van die Jaar Michael Jordaan (1985) gee goeie raad
From the interviews held with Michael Jordaan, after being chosen as Business Leader of the Year 2023 by Die Burger/Netwerk24/Kaapstad-sakekamer, it becomes clear that he is a great philosopher and that everybody can learn something from him.
Continue reading Sakeleier van die Jaar Michael Jordaan (1985) gee goeie raadOld Boys sorg vir spesiale oomblikke by Rugby-Wêreldbekertoernooi
Noudat die Bokke die riller van ‘n Hanegeveg oorleef het, dramaties die Engelse uitgeskakel het en die troosprys vir die Franse die reuse-sukses van die Rugby-Wêreldbekertoernooi is, kan ‘n mens bietjie terugkyk op ‘n klompie spesiale oomblikke waarby Paul Roosers betrokke was.
Continue reading Old Boys sorg vir spesiale oomblikke by Rugby-WêreldbekertoernooiDie man wat weet…
Bokkie Gerber (1970) kom ‘n lang pad met rugby! In hierdie lekkerleesartikel wat met die vergunning van Rapport as ‘n PDF aan die Old Boys-nuusblog beskikbaar gestel is, vertel hy hoe dit gebeur het dat hy en sy broers op Planeet Rugby grootgeword het.
Continue reading Die man wat weet…Sportsmanship continues to triumph

The previous PRG rector Jannie van der Westhuizen recently discussed two PRG rugby incidents in Die Burger to demonstrate that even though sport has irrevocably become a huge industry, it is the stories that will be remembered years later and not the results. Stories deeply define the true nature of sport. It enriches the space in which players and athletes participate and which fans and spectators want to see, enjoy and remember.
Thank you to Die Burger for kindly making Jannie’s article available in PDF format to the Old Boys News Blog for all to read.
Nuwe Johan J Ferreira Hoëprestasiesentrum geopen

Op Dinsdag 26 September 2023 het Paul Roos Gimnasium die nuut opgegradeerde Johan J Ferreira Hoëprestasiesentrum amptelik in gebruik geneem. Beleggers, projekbestuurders, argitekte, potensiële vennote en gemeenskapsrolspelers het die geleentheid bygewoon.
Continue reading Nuwe Johan J Ferreira Hoëprestasiesentrum geopenWeer ‘n fietsrit van Beitbrug na Bloubergstrand vir CANSA


Op 75 sien Philip Erasmus (1966) kans om die tog tussen Beitbrug en Bloubergstrand vir ‘n tweede keer op sy ysterperd aan te pak om fondse vir CANSA, die Kankervereniging van Suid-Afrika, in te samel.
Continue reading Weer ‘n fietsrit van Beitbrug na Bloubergstrand vir CANSAPRG gave Richard Goodhead (1986) a second chance
‘n Briefie uit die bloute onderstreep weer die belangrike rol wat onderwysers kan speel om jong mense wat afdwaal weer opdie regte koers te plaas. Richard Goodhead (1986) het diep getref met hierdie dankbetuiging.

Maroen-Lentelopers durf die Geelhoutroete aan


Die Maroen-Lenteloop onder leiding van Danie van Niekerk (1973) is beslis ‘n jaarlikse hoogtepunt op die Old Boys-kalender. Na onverwagse swaar reënbuie veroorsaak het dat ons die stap moes uitstel na Saterdag 23 September, is die 4 km lentestap in heerlike stapweersomstandighede aangepak.

Boomplantdag 2023: Klas van 1973 skenk weer bome aan leerders
Bauhinia galpinii-saailinge is deur die Klas van 1973 aan die skool se Societas-vereniging geskenk vir vanjaar se Boomplantdag. Dit oorhandiging het ook deel van die Lenteloop-projek gevorm.

Die boom staan ook as Vlam-van-die-vlakte of Kameelpoot bekend oor die vorm van sy blare bekend en word ook deur baie as die “Trots van De Kaap” bestempel.
Continue reading Boomplantdag 2023: Klas van 1973 skenk weer bome aan leerders





