Die skooldae van die vyftigs herbeleef

Paul Roos-leerders van die jare vyftig, toe was hulle nog skoliere, het begin November vir ʼn reünie bymekaar gekom en lekker saamgekuier. Die klompie foto’s vertel nie hoe heerlik daar gesels is nie, maar wys darem hoe so ʼn klompie van die legendes onder hulle deesdae lyk. Kyk uit vir onder andere Jannie Engelbrecht en Stil-Jan Momberg van Middelvlei.

Touchies 2016

The rugby battles between the Old Boys and the learners of Paul Roos Gymnasium are back, albeit in sevens format and not the fifteen man game of the nineties. A great atmosphere was experienced on the day and it is clear that there is a new event to be marked off on our annual calendar. Francois Schoombee tells the story.

Agter: Pikkie Distribute like a sprinkler Schwartz '92), Kobie Sunny-Bill Swart, Ais (Speedster) Sinclair, Ernst Joubert, Merwe The Swerve Schwartz '90, Anfred Aftrap Waldeck, Bles The Legend Kemp '91, Roelou Warmmes Slabbert '87. Voor: Rudi ofte wel Mr Rude Badenhorst, Conrad Quick step Burke '97, Wilde Willem van Wyk '95, Charl Skillie Cilliers '93 Heel voor: Kem Bolt Westdyk '93
Hier is die Legends se span. Agter: Pikkie Distribute like a sprinkler Schwartz ’92), Kobie Sunny-Bill Swart, Ais (Speedster) Sinclair, Ernst Joubert, Merwe The Swerve Schwartz ’90, Anfred Aftrap Waldeck, Bles The Legend Kemp ’91, Roelou Warmmes Slabbert ’87.
Voor: Rudi ofte wel Mr Rude Badenhorst, Conrad Quick step Burke ’97, Wilde Willem van Wyk ’95, Charl Skillie Cilliers ’93
Heel voor: Kem Bolt Westdyk ’93

Continue reading Touchies 2016

Old Boys Gholfdag 2017

Teken Donderdag 23 Februarie 2017 solank op jou nuwe muurkalender of dagboek aan, al is jy nie ʼn gholfspeler nie. Daar is geleentheid vir ieder en elk om by hierdie vlagskip-aktiwiteit van die Old Boys betrek te word. Borg ʼn putjie, kom speel in ʼn span of kom eet saam by die prysuitdeling.

Kry meer besonderhede deur op die onderstaande skakel te kliek: Uitnodiging na Old Boys Gholfdag

Golf Day Info & Entry Form

Die goewerneur wat deur Stellenbosch Gimnasium opgelewer is

Sir John Osbaldiston Field, wat van 1928 tot 1930 ‘n leerling van die Stellenbosch Gimnasium was, het ‘n lang en uitsonderlike loopbaan in Brittanje se koloniale diens gehad en dit met goewerneurskappe op St Helena en die Gilbert en Ellice-eilande afgesluit.

Met sy aftrede het hy na Suid-Afrika teruggekeer en ook weer met sy alma mater kontak gemaak voor hy in 1985 na ʼn lang siekte gesterf het.

Ons argivaris, Mariena Kotze , het die storie van dié enigmatiese persoonlikheid nagevors en gevind dat hy bo moeilike persoonlike omstandighede in sy skooljare moes uitstyg om later in sy loopbaan op sy kollegas ʼn indruk te maak met sy intellektuele vermoëns, geduld en dapperheid. Lees meer deur hieronder:

Continue reading Die goewerneur wat deur Stellenbosch Gimnasium opgelewer is

Gautengse klasmaats van 1960 kuier saam

Sewe Old Boys van 1960 het onlangs ʼn heerlike, ontspanne middagete by die Dienste-gholfklub op Thaba Tshwane (Voortrekerhoogte) geniet as ʼn voorloper vir die Kaapse reünie wat vir later vanjaar beplan word.

1960 Gauteng-ete

Van links staan Norman de Villiers, Eddie van Rooyen, Tinus de Jager, Ulrich Ruch, Bernhard Scheffler, Herman Kriek en Des Jordaan.