In die aanloop tot die jaarlikse stryd teen Grey Kollege oor die naweek van 16 en 17 Augustus, gaan die Old Boys nie net kragte op die gholfbaan meet nie, maar word daar ook ’n Interskole-dinee op Donderdagaand 15 Augustus aangebied. Die hoogtepunt van die aand is ’n paneelbespreking gelei deur Matthew Pearce waaraan bekende oud-spelers van albei skole gaan deelneem. Continue reading Uitnodiging na Interskole-dinee op vooraand van stryd teen Grey Kollege
Old Boy’s Dinner in London
Verskeie jaargroepe teenwoordig op vanjaar se AJV
Op Vrydagaand 17 Mei 2019 is die jaarlikse dinee en algemene jaarvergadering (AJV) van die OSU gehou. Die komitee het vroeër vanjaar reünie-jaargroepe aangemoedig om hul reünies ook oor hierdie naweek te hou. Daar was sewe jaargroepe wat hul reünies ook oor hierdie naweek gehou het: 1964, 1969, 1974, 1979, 1984, 1989 en 1999. Continue reading Verskeie jaargroepe teenwoordig op vanjaar se AJV
Reüniegroepe van 1969, 1974, 1079, 1994 en 1999 kom oor naweek van 17 en 18 Mei byeen
Verskeie jaargroepe het oor die naweek van die AJV op 17 en 18 Mei byeengekom. Die naweek se verrigtinge is afgeskop met ’n skooltoer die Vrydagoggend en hierdie foto’s is by die Japie Krige geneem.
Memorable weekend for the class of 1989
A big thanks to Jan Momberg and Cornelius Smith for bringing the class of 1989 together for a very memorable weekend… and what a “motley crew” we were!
Before you take offence “motley” is an informal expression to describe a roughly organized assembly of individuals of various backgrounds, appearance and character, and honestly this pretty much summed up the group that gathered on Friday 10 May 2019 in PRG’s committee room. Continue reading Memorable weekend for the class of 1989
Klas van 1964 trek saam
Die 1964-jaargroep het op Saterdag 4 Mei lekker saam gekuier en stories uitgeruil.

Staande agter van links: Johan Piek, Jan Joubert, met Antoinette Louwrens voor Jan, Marthinus en Maré de Kock, Francois en Corinne de Wet, Maxwell van der Gaast, Chris en Helena le Roux, Doempie Swartz, Amie van der Westhuizen, Oscar Wilding, Gerhard en Hanlie Schröder, voor Jon Kotze en Richard Broome, Pieter Schoeman, Marie Volschenk en Joy Adams.
Sittende voor van links: Edward Smuts, Mariane du Toit, Jurgens en Helen (staande skuins agter) Hendriks, Stef du Toit. Tertius Maree, Rupert Redding-Jones, Jan Volschenk, Susan Redding-Jones, Chrisna Smuts, Heather Broome met Rosie Maree heel voor regs.

Op die tweede foto verskyn van links na regs: Pieter Schoeman, Edward Smuts, Marthinus de Kock en Gerhard Schröder.
Bring asb jou profiel op datum
Dit is baie belangrik dat elke Old Boy gereeld sy profiel op die OSU se aanlyndatabasis nagaan en op datum hou. Om dit maklik te maak, klik hier: https://prg.alumnet.co.za
Lidmaatskap en Ledegeld / Membership and Fees
Alle OSU-lede, hetsy betalend of nie-betalend, geniet dieselfde voorregte wanneer dit by reünies, dinees, sportdae, ensovoorts kom. Continue reading Lidmaatskap en Ledegeld / Membership and Fees
In Memoriam
Vir ons Old Boys is dit altyd hartseernuus om van die afsterwe van iemand uit ons geledere te verneem. Maar ons weet dat die dood ʼn onvermydelike deel van ons aardse bestaan is. Continue reading In Memoriam
Jou bydrae tot ‘n sterk oudskoliere-unie
Betrokkenheid van lede is die kern-faktor vir sukses in enige organisasie, en soveel te meer vir ’n oudskoliere-unie. Daar is so baie maniere om jou belangstelling te toon, maar sekerlik een van die belangrikstes is om die Algemene Jaarvergadering by te woon en deurtastende vrae op die onderskeie verslae te stel. Continue reading Jou bydrae tot ‘n sterk oudskoliere-unie
PRG hosting the World Schools Festival
Die World Schools Festival word van 26 – 30 Maart op Markötter gehou en ons nooi alle Old Boys uit om dié spogtoernooi waarmee die beste talent in internasionale skolerugby ten toon gestel word, te ondersteun. Tien topskole van Suid-Afrika ding teen tien skole van regoor die wêreld mee. Besprekings kan gedoen word by Computicket. Op die laaste dag word daar ook vir Old Boys kans gegee om te wys dat hul vernuf nog nie verroes het nie. Continue reading PRG hosting the World Schools Festival
Edwill van der Merwe now top try scorer in Varsity Cup
Photo by Thys Lombard: Edwill in action against FNB NWU this month when he scored three tries.
Die drieëvraat Edwill van der Merwe word as die gesig van Varsity Cup-rugby bestempel, maar hy kan ook ’n toonbeeld vir rugby by Paul Roos Gimnasium wees. Die ontwikkelingspad van hierdie Old Boy en Matie wat tans die rekord hou vir die meeste drieë in Varsity Cup-wedstryde, word in die volgende artikel beskryf deur Dorfling Terblanche, toevallig ook ‘n Old Boy (2008) en nou onderwyser aan Paul Roos. Edwill lyk na ’n doelgerigte jong man wat hopelik binnekort die hoogste sport in rugby gaan behaal. Ons hou duim vas vir hom! Continue reading Edwill van der Merwe now top try scorer in Varsity Cup
Swem by Paul Roos kom al ‘n lang pad
Foto: PRG Argief
Die eerste swembad van Stellenbosch Boys’ High School (Stellenbosch Hoër Jongenskool) is rondom 1910 in Victoriastraat geopen. Jaarlikse swemgalas is al sedert die 1912-1913-seisoen hier gehou en die swembad, waarvan die geriewe gedeel is met die Kollege en later die Universteit, is eers gesloop toe die US se nuwe swembad op Coetzenburg in 1940 in gebruik geneem is. Continue reading Swem by Paul Roos kom al ‘n lang pad
Eerste skoolgeboue op doek vasgevang
Min oud-skoliere of besoekers sal ooit weet waar die heel eerste skoolgebou was, want soos ons in die nuusbrief van Desember 2018 berig het, het die brons gedenkplaat voor hierdie geskiedkundige gebou in Dorpstraat al geruime tyd gelede voete gekry. Continue reading Eerste skoolgeboue op doek vasgevang

