Rugbykomitee-gholfdag bly gewild

Die Rugbykomitee-gholfdag in samewerking met Cape Pots is op 18 November by Stellenbosch Gholfklub gehou.

A sincere thank you to our main sponsor, Cape Pots, supporting sponsors, golfers, wine donors and Stellenbosch Golf Club. Once again, the day was enjoyed by all! We are extremely thankful.

The winning team for 2021: Dieter Buurman & Petri Lotz, who won Scotty Cameron putters.

 Hier is skakel na al die foto’s van die Rugbykomitee- gholfdag: https://www.smugmug.com/gallery/n-zHctgP

Dagboek solank  10 November 2022, dan maak ons weer so.

Helderberg Polla kuier by Pink Valley op 25 November

Die Helderberg Polla is op die wynplaas Pink Valley net buite Somerset-Wes op Donderdag 25 Oktober 2021 gehou en baie goed deur Old Boys in die omgewing ondersteun.

Die aand het afgeskop met ‘n insiggewende gesprek onder leiding van Stephan Jordaan oor belangrikheid van die Old Boys by Paul Roos en die impak wat Covid-19 op Paul Roos se sport die afgelope jaar gehad het. 

Continue reading Helderberg Polla kuier by Pink Valley op 25 November

Gholfdag volbespreek

Puik ondersteuning vir die lang verwagte Classic Gholfdag op 21 Oktober 2021 het gesorg dat die veld al vol bespreek is.

Enkele putjieborgskappe vir beide gholfdae is steeds beskikbaar.

Donasies of prysskenkings is altyd baie welkom.

Classic Gholfdag uitgestel

Die jaarlikse PRG Classic Gholfdag is vir ‘n tweede keer uitgestel, eers weens C-19 en toe weer as gevolg van ongure weervoorspellings. 

Ons bly egter hoopvol dat dit op Donderdag 21 Oktober 2021 by Stellenbosch Gholfklub gaan plaasvind. Derde keer dalk gelukkig! 

Ons is innig dankbaar teenoor die spelers en borge wat steeds geduldig is met die situasie. Ons sien uit na ‘n sonnige en feestelike gholfdag. Die veld is uitverkoop, hier en daar ‘n moontlike putjie vir borgskap. Belangstellendes kan vir Elza by die OSU-kantoor kontak, 021 883-8627 | oldboys@paulroos.co.za

Polla-byeenkomste dalk in Augustus

As gevolg van die 2021 skoolkalender wat intussen verander het, was die OSU genoodsaak om die Polla-byeenkomste uit te stel.

Die nuwe datums is Donderdag 5 Augustus en Donderdag 19 Augustus.

Polla-streke is welkom om een van die bogenaamde twee datums te kies vir hul volgende geselligheid.

Vir navrae, kontak asb. vir Hannes Odendaal (OSU Uitvoerende komiteelid vir Polla-portefeulje): Hannes@hdk.co.za | 078 533 1016

Nuus en kalenderdatums uit die OSU-kantoor

Alumnet 

Continue reading Nuus en kalenderdatums uit die OSU-kantoor

Jongste oor die Pollas en hul streke

Die Polla-konsep begin lekker posvat. Saamtrekke het op 11 Maart in Stellenbosch (baie informeel) en op 25 Maart in die Helderberg plaasgevind (sien foto’s).

Paul Benson (1990) is een van die  groot dryfkragte agter die Helderberg-Polla, tesame met Schalk van Reenen en Helgard Slabbert. Hulle het die Ondersteun ‘n Paul Rooser-projek by die Helderberg-Pollakuier van 25 Maart 2021 bekend gestel.

Continue reading Jongste oor die Pollas en hul streke

Kry jou litte los en loop weer ‘n slag die Lenteloop

Wil jy graag na verloop van 50 jaar weer op jou spore terugloop en die Lenteloop van 1971-1975 herloop? Geniet jy dit om in die natuur te stap?  Doen jy iets om die omgewing te beskerm?  Geniet jy dit om met klasmaats en skoolmaats te praat?  Jy hoef nie van al drie hierdie aktiwiteite te hou om in te skryf vir die Lenteloop in die Jonkershoek Natuurreservaat op Saterdag 4 September nie. 

Continue reading Kry jou litte los en loop weer ‘n slag die Lenteloop