Old Boys wen titaniese stryd om Touchies-skild te bekom

 

Die Ayas 69-span van die Old Boys wat die Outdoor Warehouse Paul Roos Old Boys Touchies-toernooi gewen het.

Vir meer foto’s van die toernooi, kliek hier.

Die jaarlikse Touchies-toernooi tussen die Old Boys en die skoliere het vanjaar op 25 Augustus op Markötter plaasgevind.

Spanne het weer eens bestaan uit sewe manne met “rolling subs” en die wedstryde is op ʼn tweegroep-uitklopbasis beslis. Elke span het uitspeelwedstryde in sy groep gespeel voor die uitkloprondtes aangebreek het. Wedstryde is 8 minute lank aan ʼn kant op die helfte van die hoofveld van Markötter gespeel en twee wedstryde kon tegelykertyd gespeel word. Continue reading Old Boys wen titaniese stryd om Touchies-skild te bekom

Die Roos-familie van Rust en Vrede (foto geneem circa 1907)

Agter: Helena Catharina (geb. 1888), ds. S.W. Pienaar en langs hom sy vrou, Sara Christina Roos (ouers van Schalk Pienaar, oud-skolier van 1932 en later bekende joernalis) en Gideon Daniël Roos (oud-skolier 1906, later doktor in fisika, ook ʼn rugby-Springbok, oorlede aan maagkoors in 1920). Continue reading Die Roos-familie van Rust en Vrede (foto geneem circa 1907)

Already settled and in charge

After only a few months it seems that our new rector, Mr André van Staden, is at home and taking charge of our alma mater’s future. In this issue of our Old Boys’ news blog he tells editor HUGO TRUTER (1974) more about his interest in the full development of young people and what he wants to reach with Paul Roos Gymnasium as the 16th headmaster of this proud school.

Ons het ook die hartseer nuus verneem dat Uncle Bob Sainsbury kort voor sy 103de verjaardag oorlede is. Hy was ′n merkwaardige mens wat graag kontak gehou het met die skool, en dit nogal met moderne tegnologie waarvoor meeste ouer mense terugdeins. Maar ons kan baie uit die lewe van hierdie ware heer leer. Lees gerus die gedenkskrif oor hom.

Hierdie nuusbrief is weer eens propvol interessante stories en ons sal jou terugvoer waardeer.

Ons gesels met ons nuwe rektor

Die nuwe rektor is nog skaars twee maande met ons, maar mnr. André van Staden was van die eerste dag tuis en dis duidelik dat hierdie ervare onderwysman met ′n passie vir Afrikaans ′n intense belangstelling in die ontwikkeling van jongmense het. Ons het hom uitgevra oor sy loopbaan tot nou, veral die jare by Pearson en die uitdagings wat op Paul Roos wag en wat hy as die 16de Rektor van hierdie trotse skool wil bereik.

Continue reading Ons gesels met ons nuwe rektor

Pieter du Toit (1997) appointed as editor-in-chief of HuffPost SA

Pieter du Toit, wat al diep spore in die joernalistiek getrap het, is aangewys as uitvoerende redakteur van HuffPost SA van 1 Julie 2017. Hy was voorheen adjunk-redakteur van dié nuusblogwerf. Pieter is ook bekend as politieke kommentator op radio en televisie en was al by verskeie publikasies van Media24 werksaam, onder meer as nuusredakteur van Beeld en adjunk-redakteur van Huisgenoot

Continue reading Pieter du Toit (1997) appointed as editor-in-chief of HuffPost SA

Tiaan Smit, ons nuwe SA 110m hekkieskampioen

Tiaan Smit (matriek 2013) is in April gekroon as die SA senior kampioen in die 110m hekkies vir mans met ′n tyd van 13.42. Dit was by die SA Senior Kampioenskappe in Potchefstroom. Tiaan het in Noord-Gauteng se kleure gehardloop, en studeer tans aan die Universiteit van Pretoria. Hy was ook die SA Junior Kampioen in 2013 met ′n nuwe SA rekord.

Continue reading Tiaan Smit, ons nuwe SA 110m hekkieskampioen