Die Universiteit van Stellenbosch gaan in Desember ‘n eredoktorsgraad aan Prof Markus Reuter (klas van 1976) toeken. Ons het voorheen al oor sy merkwaardige loopbaan geskryf, sien ons Nuusblog van November 2015. Hy het in daardie jaar ook ‘n eredoktorsgraad van die Universiteit van Liége in België ontvang vir sy groot bydrae op die gebied van die herwinning van metale uit primêre en hergesirkuleerde grondstowwe om ekonomiese volhoubaarheid te verseker. Continue reading Markus Reuter (1976) vereer deur Universiteit van Stellenbosch met eredoktorsgraad
Category: General News / Algemene Nuus
Ons onthou… Herinneringsdag 2017
Die jaarlikse Herinneringsdag is ʼn besondere dag in die jaarkalender van Paul Roos, wat mens terselfdertyd met dankbaarheid en trots vervul. Continue reading Ons onthou… Herinneringsdag 2017
Nuwe topverkoper deur Pieter du Toit
Pieter du Toit (1997), hoofredakteur van Huffington Post SA, se nuwe boek, Enemy of the People, wat hy saam met die bekende ondersoekende joernalis Adriaan Basson geskryf het, was van die begin ʼn blitsverkoper en reeds in die laaste week van November bo-aan Exclusive Books se lys van topverkopers. Continue reading Nuwe topverkoper deur Pieter du Toit
New XTERRA World champ from PRG
Old Boy Bradley Weiss (2007) het op 29 Oktober die XTERRA-wêreldkampioenskapsbyeenkoms in Hawaii gewen. In die volgende artikel, wat met verlof van die Eikestadnuus geplaas word, vertel hy hoe ʼn goeie swem hom vanjaar die wêreldkampioen in hierdie uitdagende driekampsport, wat ook fietsry en langafstanddraf insluit, gemaak het. Continue reading New XTERRA World champ from PRG
Old Boys vereer met US Rektorstoekennings
Old Boys Kerwin Noemdo (2012) en Niel Botha (2013) het in Oktober Rektorstoekennings van die Universiteit van Stellenbosch ontvang vir onderskeidelik sportuitnemendheid en akademiese prestasie by die universiteit. Continue reading Old Boys vereer met US Rektorstoekennings
Besondere jaar vir Old Boys op die gholfbaan
Die name van vier Old Boys verskyn tans op die Top 20-ranglys van gholfspelers in Suid-Afrika: Continue reading Besondere jaar vir Old Boys op die gholfbaan
Old Boys se prestasies op prysuitdeling uitgelig
Op die skool se jaarlikse prysuitdeling het die rektor, mnr. André van Staden, na enkele van die vele prestasies wat oudskoliere vanjaar behaal het, verwys en ook melding gemaak van die sterk band wat daar tussen die skool en sy oudleerders bestaan.
Continue reading Old Boys se prestasies op prysuitdeling uitgelig
Mnr Jannie van der Westhuizen bedank Old Boys vir hul geskenk
Retired rector Jannie van der Westhuizen writes from George not only to express appreciation for the OBU gift of a collection of Splendidor wines, but also to stress that it was a privilege to be part of an unique school where the emphasis is placed on maintaining special values, high standards on all terrains, accountable educational practices, a balanced approach to the teaching of boys, strict ethics and institutional independence. He thanks the Old Boys for their commitment and support during his tenure of ten years. Continue reading Mnr Jannie van der Westhuizen bedank Old Boys vir hul geskenk
Pieter du Toit (1997) appointed as editor-in-chief of HuffPost SA
Pieter du Toit, wat al diep spore in die joernalistiek getrap het, is aangewys as uitvoerende redakteur van HuffPost SA van 1 Julie 2017. Hy was voorheen adjunk-redakteur van dié nuusblogwerf. Pieter is ook bekend as politieke kommentator op radio en televisie en was al by verskeie publikasies van Media24 werksaam, onder meer as nuusredakteur van Beeld en adjunk-redakteur van Huisgenoot
Continue reading Pieter du Toit (1997) appointed as editor-in-chief of HuffPost SA
Tiaan Smit, ons nuwe SA 110m hekkieskampioen
Tiaan Smit (matriek 2013) is in April gekroon as die SA senior kampioen in die 110m hekkies vir mans met ′n tyd van 13.42. Dit was by die SA Senior Kampioenskappe in Potchefstroom. Tiaan het in Noord-Gauteng se kleure gehardloop, en studeer tans aan die Universiteit van Pretoria. Hy was ook die SA Junior Kampioen in 2013 met ′n nuwe SA rekord.
Continue reading Tiaan Smit, ons nuwe SA 110m hekkieskampioen
The big one that did not get away
Michael Lord wins Jonkershoek Mountain Challenge
Multisport athlete and former Paul Roos pupil Michael Lord (Jeep Team SA) participated in the 11 km trail race on May 22 and won the race in a time of 42:39.
Continue reading Michael Lord wins Jonkershoek Mountain Challenge
Die volgende generasie
Een van die lekker dinge aan die begin van ’n nuwe skooljaar by Paul Roos-gimnasium is om te sien hoe die Old Boys hul seuns na die alma mater bring. Vanjaar is ons weer eens nie teleurgestel met die opkoms nie. Kyk net wie was daar: Continue reading Die volgende generasie
Robin Gratjios (PRG: 1946-1955) en die verhaal van Stellenbosch se beroemde kafeekat
A surprise visit by an Old Boy to his alma mater revealed the interesting story of the famous Stellenbosch Café Cat for whom a statue was erected in front of the library and also the woes of life during the Second World War years when many young families lost their fathers in the war theatres of Egypt. MARIENA KOTZE, PRG archivist, shares it with us. Continue reading Robin Gratjios (PRG: 1946-1955) en die verhaal van Stellenbosch se beroemde kafeekat
Tannie Dinks word 95
Tannie Dinks Liebenberg, Paul Roos se enigste oorlewende kind, het op 4 Februarie haar 95ste verjaarsdag gevoer. Tannie Dinks (gebore Dalena Roos) is ’n oud-Bloemhoffer (1938) wat deesdae by haar dogter, Lynette Paterson, op Grahamstad woon. Die saamgestelde foto is van haar op haar troudag op 26- jarige ouderdom en een van haar op haar mondigwording.
Mariena Kotze
PRG Argief


