Old Boys gee Grey Kollege-eweknieë opdraand in titaniese stryd

Die organiseerders van die World Schools Festival, wat in Maart by Paul Roos Gimnasium plaasgevind het, het ons Old Boys uitgenooi om ’n Old Boy-rugbyspan in te skryf om teen ander Old Boy-spanne mee te ding. Die ander skole wat uitgenooi is, sluit in Grey Kollege, Paarl Gim, HJS Paarl, Affies en Hilton. Continue reading Old Boys gee Grey Kollege-eweknieë opdraand in titaniese stryd

Digitalisering van PRG registers

Die afgelope 18 maande is ek en Rita Smit besig om die PRG registers te digitaliseer. Ek doen die toelatingsregisters, terwyl sy die bywoningsregisters tik. Dit het dringend noodsaaklik geword omdat die meeste navrae wat aan die argief gerig word, versoeke is vir inligting oor pa’s, oupas en grootjies wat in PRG was. Dikwels kon persone wat sulke navrae rig self baie min inligting verskaf. Die gevolg was gewoonlik tydrowende soektogte. Continue reading Digitalisering van PRG registers

Swem by Paul Roos kom al ‘n lang pad

Foto: PRG Argief

Die eerste swembad van Stellenbosch Boys’ High School (Stellenbosch Hoër Jongenskool)  is rondom 1910 in Victoriastraat geopen. Jaarlikse swemgalas is al sedert die 1912-1913-seisoen hier gehou en die swembad, waarvan die geriewe gedeel is met die Kollege en later die Universteit, is eers gesloop toe die US se nuwe swembad op Coetzenburg in 1940 in gebruik geneem is. Continue reading Swem by Paul Roos kom al ‘n lang pad

International energy leader: Andries Calitz (10A1, 1976)

Old Boy Andries Calitz (1976), hoof-uitvoerende amptenaar van LNG Canada Development, is op 2 Oktober vanjaar deur die Kanadese premier Justin Trudeau geloof vir sy aandeel om die grootste privaatsektor-belegging in dié land se geskiedenis (klik hier vir meer inligting) moontlik te maak. ’n Klasmaat van 1976, Steven Rosendorff, wat self al jare in Kanada werksaam is, het die inligting wat Andries vir hom gestuur het, verwerk in hierdie boeiende oorsig oor sy merkwaardige loopbaan. Continue reading International energy leader: Andries Calitz (10A1, 1976)

Helene van Wyk, staatmaker oor meer as ‘n halfeeu

Foto by skool: Hugo Truter

The Old Boys Union announced that it is going to name its new benevolent fund after Helene van Wyk. The fund will have a glamorous launch on 1 March next year and a competition is already underway to ensure that the fund will have a sound financial footing then. But who is Helene van Wyk? Continue reading Helene van Wyk, staatmaker oor meer as ‘n halfeeu