Twee stellings in die tariefkaart vir Paul Roos Gimnasium se Jaarblad 2020 gryp my aandag vas: In ‘n jaar van ongekende uitdagings wys PRG sy staal … en dat dié publikasie die onstuitbare gees van die skool vasvang. Sjoe, hoe waar is dit nie! Hoe verbete en vasberade bly ons nie die stryd voer nie.
Continue reading Die onstuitbare gees van ons skoolCategory: Hoofberig / Lead Story
Uitdagings is ‘n bron vir kreatiwiteit
The new Old Boys blazer has arrived and by the look of it, it can even improve the looks of people already looking good, as the Springbok captain and World Cup winner Schalk Brits shows here.

Die waarde van erfenis

Hierdie uitgawe van die PRG Old Boys Nuusblog bied soos gewoonlik ‘n goeie mengsel van die verlede, hede en die toekoms. Benewens die onthulling van die Blou Gedenkplate, wat onder andere bygewoon is deur (op die foto) Elsabe Retief en Ronel Fourie van die Stellenbosch-Erfenisstigting, Mariena Kotze van die Argief, rektor André van Staden en Sigi Howes van die Sentrum vir Bewaringsopvoeding, is daar ‘n insiggewende huldeblyk aan die voormalige OSU-voorsitter Wouter Pienaar. Continue reading Die waarde van erfenis
The foundation for success
While South Africa is still basking in the glory of our Rugby World Cup triumph, Paul Roos Gymnasium can take pride in its world record breaking contribution (Chairman’s Report) in achieving this and in the success of the tournament in Japan. The call-up of Damian Willemse to replace an injured Bok who was sent home, grew the number of Old Boys in the Springbok team to five and to six the number playing in the tournament.
Vegters en vredemakers
This edition of our Old Boys Newsblog illustrates the truth in the wisdom that King Solomon shared with us in Ecclesiastes: To everything there is a set time and season, a time for every experience under heaven. Continue reading Vegters en vredemakers
Tyd om bymekaar te staan
Die skokkende nuus oor die moord op Old Boy Stefan Smit in die tyd wat hierdie nuusblog saamgestel is, laat ’n mens besef dat ook in ons geledere slegte dinge met goeie mense kan gebeur. Continue reading Tyd om bymekaar te staan
Jou bydrae tot ‘n sterk oudskoliere-unie
Betrokkenheid van lede is die kern-faktor vir sukses in enige organisasie, en soveel te meer vir ’n oudskoliere-unie. Daar is so baie maniere om jou belangstelling te toon, maar sekerlik een van die belangrikstes is om die Algemene Jaarvergadering by te woon en deurtastende vrae op die onderskeie verslae te stel. Continue reading Jou bydrae tot ‘n sterk oudskoliere-unie
Mense wat ‘n verskil maak
Terwyl baie van ons jongste Old Boys hul weg terug wend van ‘n welverdiende matriekwegbreek en die realiteite van die toekoms in die gesig staar en van die oueres terugkyk oor die welslae en lesse van 2018, is dit lekker om weer ‘n uitgawe te bring vol inspirerende stories. Continue reading Mense wat ‘n verskil maak
’n Skool van mense wat inspireer

Een ding wat jou gaan bybly na die lees van hierdie keer se nuusblog, is dat jy deel is van ’n groep mense wat op een of ander manier, klein of groot, in die sakewêreld of op openbare verhoë, op die internasionale sportvelde of as ’n koshuismoeder ’n verskil maak en ander inspireer… en die band wat ons almal saambind is Paul Roos Gimnasium. Continue reading ’n Skool van mense wat inspireer
Voorkoms net so belangrik as prestasie
In die hoogs mededingende wêreld van topskole is die voorkoms en gehalte van ʼn skool se kampus en infrastruktuur net so belangrik as die prestasies van sy leerders en Old Boys. Continue reading Voorkoms net so belangrik as prestasie
Vernuwing gebou op tradisie
Wat so treffend is van die 1949 eerstespanfoto hiernaas, is die manier waarop vernuwing met die aanwending van kleur ingebring is. Dit vertel iets van die tydsgees, mense wat weer hul lewens opbou na ’n verwoestende wêreldoorlog, ’n lus vir die lewe nadat daar vir lank met doodstydings elke dag saamgeleef is, kennis van hoe nuwe tegnologieë aangewend kan word om lewenskwaliteit te verbeter. Continue reading Vernuwing gebou op tradisie
Ons geledere groei aan
Op 12 Oktober is vanjaar se Graad 12’s as nuwe Old Boys verwelkom en by hierdie geleentheid het Charl de Villiers, hoofseun in 2008, ‘n kort, besielende boodskap gelewer. Die graad 12’s het hul toe-en-nou foto’s (graad 8 en graad 12) van die OSU ontvang, en dié wat formeel aangesluit het, Old Boy-dasse en ledekaarte. Continue reading Ons geledere groei aan
Terugflits op ‘n ou tradisie
Ons hooffoto in hierdie uitgawe van ons nuusblog vir Paul Roos Gimnasium neem ons terug na 1974 en die ou tradisie van Forty Days. Op 13 Oktober is dit Z-dag: die laaste amptelike skooldag van die matrieks. Die laaste skof van ons skooljaar lê voor en dit is ʼn uitdagende steilte, die groot toets van kennisoordrag, maar eintlik nog meer. Die groot vraag is hoe goed is ons produkte van twaalf jaar se onderwys en opvoeding vir die lewe daarbuite voorberei. Continue reading Terugflits op ‘n ou tradisie
Already settled and in charge
After only a few months it seems that our new rector, Mr André van Staden, is at home and taking charge of our alma mater’s future. In this issue of our Old Boys’ news blog he tells editor HUGO TRUTER (1974) more about his interest in the full development of young people and what he wants to reach with Paul Roos Gymnasium as the 16th headmaster of this proud school.
Ons het ook die hartseer nuus verneem dat Uncle Bob Sainsbury kort voor sy 103de verjaardag oorlede is. Hy was ′n merkwaardige mens wat graag kontak gehou het met die skool, en dit nogal met moderne tegnologie waarvoor meeste ouer mense terugdeins. Maar ons kan baie uit die lewe van hierdie ware heer leer. Lees gerus die gedenkskrif oor hom.
Hierdie nuusbrief is weer eens propvol interessante stories en ons sal jou terugvoer waardeer.
Jannie groet na tien jaar
Een maal ’n Paul Rooser, altyd ’n Paul Rooser! So het uittredende rektor Jannie van der Westhuizen, uitgevat in ’n 2017 matriekdas, sy afskeidsboodskap saamgevat. Daar was nie ’n slegte dag in sy loopbaan van 37 jaar in die onderwys nie, maar broer, wat wel stres veroorsaak het, was elkeen van die meer as 700 eerstespanrugbywedstryde waarby hy as afrigter of skoolhoof betrokke was!
